On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Gerben
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat onder druk namate bek-en-klouseer vererger

───   ISABEL VAN TONDER 09:10 Sat, 28 Feb 2026

Vrystaat onder druk namate bek-en-klouseer vererger | News Article
Gevalle in die Vrystaat bly styg. Foto: Departement landbou, Wes-Kaap

Daar is tans 381 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat.

Minstens tien nuwe gevalle is geïdentifiseer in die gebiede van Vrede/Memel (twee), Reitz/Lindley (drie), Tweeling (drie), Boshof/Bultfontein (twee) en Thaba Nchu (een). Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het met inenting van die beeste begin en bykomende entstowwe is verkry.

Geen beweging van vee word toegelaat binne ’n radius van 10 km van die plase om verdere verspreiding te voorkom.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 17
  • Viljoenskroon/Vredefort: 63
  • Heilbron: agt
  • Edenville: elf
  • Parys/Vredefort: 49
  • Deneysville/Sasolburg: 46
  • Villiers/Cornelia/Frankfort: 30
  • Bethlehem: elf
  • Tweeling: sewe
  • Warden: 12
  • Vrede/Memel: 19
  • Qwa Qwa/Harrismith: 15
  • Odendaalsrus/Welkom/Ventersburg: sew
  • Bothaville: sewe
  • Marquard/Senekal: 17
  • Clocolan:23
  • Ladybrand: twee
  • Rouxville: twe
  • Edenburg: ses
  • Bloemfontein: een
  • Boshof/Bultfontein: sewe
  • Thaba Nchu: een

Die 2 300 dosisse wat ontvang is van die department is die omgewing van Boemfontein, Boshof, Bultfontein, Bethlehem, Warden en Frankfort toegedien, as deel van die omvattende strategie om bek-en-klouseer in die provinsie te beheer.

Boere word aangemoedig om enige verdagte gevalle aan te meld. Foto: Pexel

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk. 

Volg streng biosekuriteitsmaatreëls en enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word. Boere moet rekord hou van vee en enige verdagte gevalle onmiddellik aan die staatsveearts rapporteer.

Aansoeke word ingewag en heelwat aansoeke is reeds ontvang. Landbouers word daaraan herinner alle aansoeke sal moontlik nie slaag met die eerste ronde van inentings en strategie nie. 

Entstowwe

Dit word egter aangemoedig in ’n poging om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ‘n groot bekommernis vir die departement. Indien gevalle nie aangemeld word nie veroorsaak dit probleme met die beplanning en uitvoering van entstowwe vir die besmette gebiede.  

Dit is ’n misdaad om diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie te vervoer. Almal in die veebedryf moet saamwerk om die siekte en verspreiding te beperk. 

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.