On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer benodig nou ’n streeksbenadering

───   ISABEL VAN TONDER 05:30 Mon, 02 Mar 2026

Bek-en-klouseer benodig nou ’n streeksbenadering  | News Article
’n Streeksbenadering om die siekte te bekamp word nou ’n noodsaaklikheid. Foto: Farmer’s review Africa

Met die eerste bevestigde uitbreking van bek-en-klouseer in Lesotho is die enigste realistiese benadering ‘n streeksbenadering.

https://www.ofm.co.za/newsBehalwe Namibië is daar tans geen land wat aan Suid-Afrika grens waar uitbrekings buite beheerde gebiede nie bevestig is nie. Namibië en Botswana volg streng, gedissiplineerde protokolle om hul rooivleisuitvoerstatus te beskerm.

“Selfs al is die inentingsprogram wat Suid-Afrika nou aangekondig het suksesvol, sal die uitgawes en die moeite daaraan verbonde vergeefs wees indien daar nie gelyklopende naspeurbaarheidsprogramme en konsekwente bewegingsbeheer toegepas word nie,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die Suider-Afrikaanse AgrI-inisiatief (Saai).

Die volgehoue, swak beheerde beweging van vee oor die Lesotho-grens, veral binne die konteks van die veediefstalprobleem wat reeds langer as twee dekades verliese in die Oos-Vrystaat veroorsaak, het noodwendig tot die uitbreking van bek-en-klouseer in Lesotho bygedra.

Botswana en Namibie volg streng protokolle. Foto: Pexel

“Struktuur volg op strategie, en die grootste uitdaging in die bekamping van bek-en-klouseer bly die duidelike toewysing van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid binne multilaterale en multisektorale programme. 

“Daar moet nuut gedink word oor die strukture waarbinne daar oor landsgrense heen, en ook binnelands ooreengekom word oor hoe om die siekte prakties uit te roei.”

“ 'n Burgerlike inisiatief van boere, veeartse en ondernemings in die vleis- en melkwaardekettings wat deur regerings befonds, ondersteun en gemonitor word, het 'n beter kans op sukses."

SAOG

Om die probleem eenvoudig aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oor te laat, kan katastrofies wees. SAOG kon in 14 jaar nog nie eens sy tribunaal in Windhoek weer operasioneel kry nie, al het grondwetlike howe in verskeie lidlande reeds beslis die versuim om regters aan te stel, is onregmatig.

Ook plaaslik in Suid-Afrika is die strukture om die inentingsprogram uit te rol gebrekkig volgens De Jager.

Slegs ’n enkele geval van bek-en-klouseer kan ’n land se siektevrye status vernietig. Foto: Pexel

RMIS wat in die konsep-seksie-10-aansoek wye magte gegee word om die teenstrategie te bestuur, word deur boere met groot agterdog bejeen. 

RMIS word beskou as ‘n struktuur wat deur die boere en voerkrale gekaap en beheer word, en nie konsekwent in die belang van primêre produsente optree nie, volgens Saai.

“ ’n Enkele besmette bees kan ’n land se bek-en-klouseerstatus vernietig, boere ervaar eksklusiwiteit en geheimhouding as tekens van ’n gebrek aan begrip vir die aard en omvang van die probleem.” 

Struktuur

“RMIS se kommunikasie was nog nooit sterk nie en pogings om met hulle te skakel word gereeld uitgestel, gekanselleer of geïgnoreer,” sê hy..

“n Meer deursigtige, verteenwoordigende, neutrale en doeltreffende struktuur moet geskep word om, by gebrek aan staatskapasiteit, die stryd teen bek-en-klouseer in Suid-Afrika én die streek te koördineer.”

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.