On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

SA se invoertarief vir koring val met 75%

───   ELSABÉ RICHARD 10:59 Wed, 25 Mar 2026

SA se invoertarief vir koring val met 75% | News Article
Foto: Pexels/Pixaby.

Suid-Afrika se invoertarief op koring sal na verwagting skerp daal van R619 tot R153,55/t weens stygende wêreldpryse.

Die nuwe tarief sal dus net ’n kwart van die huidige vlak wees, wat net meer as ’n maand gelede in werking getree het. Die verlaging van R465,45/t kan nog druk op die winsgewendheid van koringproduksie plaas, sê die SA handelsvereniging vir graan en oliesade, Sacota.

Die teenargument is wêreldkoringpryse het gestyg en dus ook die koste van koringinvoer, sê die vereniging. Die wêreldpryse het die afgelope drie weke met meer as $10/t gestyg van die vorige vlak waar dit intree. Dit het gelei tot die afwaartse hersiening van die tarief ingevolge die formule.

Onsekerheid oor tydsberekening en implementering

Vertraging in die implementering van die tarief bly ’n groot bron van kommer vir die bedryf. Volgens die bedryfsliggaam was daar voorheen groot vertragings tussen die intreedatum en die werklike implementering van nuwe tariewe.

’n Voorbeeld hiervan is dat dit langer as twee en ’n half maande geduur het vir die huidige tarief om in werking te tree, sê Sacota. Hy wag reeds 16 maande op terugvoering van die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika oor ’n voorgestelde geoutomatiseerde stelsel. Die kwessie is ook met die minister van landbou bespreek.

Die stelsel, soortgelyk aan die brandstofheffingmeganisme, kan implementering versnel, deursigtigheid verbeter en vertragings tot selfs net tien dae beperk.

Skermgreep van Sacota se mediaverklaring oor die nuwe invoertarief vir koring.

Hoe koringinvoertariewe werk

Graan SA verduidelik (insert link) die koringinvoertarief is veronderstel om die plaaslike bedryf te beskerm deurdat produsente met goedkoop invoer kan meeding. Die tarief daal gewoonlik wanneer wêreldkoringpryse styg. Dit stoot dus nie pryse direk op nie, maar pas die verwysingsprysvlak aan.

Die koringtarief word bereken deur middel van ’n veranderlike tariefformule om te verseker dat plaaslike koringpryse ondersteun word wanneer internasionale pryse laag is, sê Graan SA, maar dat plaaslike verbruikers nie nadelig geraak word wanneer wêreldpryse hoog is nie.

Die tarief geld dus net wanneer internasionale pryse onder ’n sekere vlak daal, die soganaamde internasionale verwysingsprys.

OFM Agri/Elsabé Richard-May   sm

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.