On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Pekanneutbedryf groei sterk in Suid-Afrika

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 30 Mar 2026

Pekanneutbedryf groei sterk in Suid-Afrika | News Article
Die uitvoer van pekanneute toon positiewe langtermyngroei. Foto: Isabel van Tonder

Met gunstige klimaatstoestande en toenemende internasionale aanvraag, speel die bedryf ’n belangrike rol in Suid-Afrika se uitvoermark.

Die pekanneutbedryf in Suid-Afrika het die afgelope dekade vinnig ontwikkel en word toenemend as ‘n winsgewende en strategiese landbouvertakking beskou.

Hoewel dit nog vroeg in die seisoen is en sekere faktore steeds die finale oesgrootte kan beïnvloed, toon huidige aanduidings op ’n belowende 2026-seisoen. 

Nasionale oes

Die Suid-Afrikaanse pekanneut produsente-assosiasie (Sappa) se eerste oesskatting voorspel ’n nasionale oes van ongeveer 53 000 t met ’n verwagte teiken van 50 300 t tot 55 600 t. Die verwagting is om teen 2031 70 000 t te lewer.

Produksietoestande in die meeste streke was oor die algemeen gunstig en die bedryf bly op ‘n stabiele groeipad.

Pekanneutboorde op die plaas van Herlu Smit buite Jacobsdal toon groot belofte. Foto: Isabel van Tonder

“Tans is die wêreldmark baie interessant, as ons praat oor Amerika en Mexiko, albei beleef groot droogtes en die wêreldwye syfers van pekanneute is aan die afneem,” sê Cobus van Rensburg, hoofbestuurder van Sappa. 

“Suid-Afrika is nog een van die min lande wat volumegroei toon en dit plaas Suid-Afrika in ’n baie goeie plek vir langtermyngroei.” 

China is ’n groot invoerder van pekanneute. “So drie jaar gelede was die volume wat na China uitgevoer word tussen 40 t en 45 t; laasjaar was die uitvoer 62 000 t. Ons is ook in die proses om neute na die Midde-Ooste en selfs na Europa uit te voer en fokus ook op alternatiewe markte,” sê hy.

Die pekanneute in Suid-Afrika is oor die algemeen groter as gevolg van die sonlig, goeie grond en goeie bestuurspraktyke. Van Rensburg noem ook China verkies ons neute omdat ons ‘n hoë gehalte neutkern het. Die smaak en geur is ook baie uitsonderlik. 

Sappa besef produsente is onder geweldige druk en koste is hoog. Dis belangrik vir die organisasie dat produsente langtermyn op hul plase bly en volhoubaar kan boer.

China is baie beïndruk met die gehalte van Suid-Afrika se neute. Foto: Getty Images

“Ek voorsien dat Suid-Afrika ’n goeie mark kan vestig met ons pekanneute en wêredwyd gesog gaan word,” sê van Rensburg.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.