On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

RPO is bekommerd oor nuwe regsaksie

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 31 Mar 2026

RPO is bekommerd oor nuwe regsaksie | News Article
Die RPO is bekommerd oor nog ’n voornemende regsaksie Foto: Pexels

Die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) neem kennis van die Herkouer- Veterinêre vereniging (RuVasa) en die Suid-Afrikaanse Veterinêre vereniging (Sava) se regsaksie.

Hul beswaar en regstappe teen die konsepartikel-10-skema het betrekking op die voorkomende inenting van vee teen bek-en-klouseer. Volgens die organisasies sal die skema te veel magte aan die Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) verleen.

Die RPO sê daar is belangrike feite waarvan produsente moet kennis neem. Die konsepdokument wat die partye en hul regsverteenwoordigers voorhou, is ’n verouderde weergawe van die voorgestelde artikel-10-skema. 

Die dokument het al verskeie wysigings ondergaan deur verskeie belanghebbendes.

Regsaksies mag die inentingsproses vertraag meen die RPO. Foto: Vrystaat Landbou

Dit is vir die RPO onduidelik waarom die ou weergawe van die dokument vir dié regsaksie gebruik word. Hoewel die organisasie begrip het vir Sava en RuVasa se besware is die dokument nie die regte, finale een nie.

RMIS se rol is verkeerd vertolk en volgens die RPO spruit dit uit twee bronne. Die veranderinge wat in die dokument aangebring is, is nie in ag geneem nie en daar is dele van die dokument wat nie reg geïntepreteer is nie.

RPO sê die feite is kortliks:

  • Daar is geen vereiste dat veeartse aan RMIS se naspeurbaarheidsplatform móét deelneem ten einde hul werk te doen nie.
  • Die voorstel in die konsepskema is dat veeartse wat by Sava geregistreer is, op die RMIS-stelsel aanteken om hul entstofbestellings, GLN-nommer te bekom en die proses gladder te laat verloop.
  • RMIS kan nie die sertifikate wat met die proses verband hou, goedkeur nie. ’n aangestelde komitee moet dié funksie verrig.
  • In kort, RMIS het geen besluitnemingsmagte nie, maar is wel beskikbaar om die fasilitering tussen die bedryf en die regering te doen.
  • RMIS is en bly ’n maatskappy sonder winsbejag wat gefokus is op dienslewering aan die rooivleis-en lewendehawe-groepering en sy lede.
  • Die eindelike doelwit van RMIS is om aan die rooivleisgroepering se 2030-strategie uitvoering te gee.
  • RMIS se rol ten opsigte van die beheer van bek-en-klouseer is bloot om ondersteuning aan die bedryf te bied.

 Dit is belangriker as ooit dat produsente fokus op die taak op hande met BEK. Foto: Pexels

Die RPO meen die regsaksie deur Sava en RuVasa kan verdere vertragings meebring in die BEK-inentingsveldtog. Die veebedryf kan nie vertragings bekostig nie.

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die RPO, sê dit is nou belangriker as ooit dat produsente fokus op die taak op hande en nie verval in spekulasie en onnodige en duur regstappe nie.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.