On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Organisasie verwelkom Aucamp se voorgenome aanstelling

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Fri, 19 Jun 2026

Organisasie verwelkom Aucamp se voorgenome aanstelling | News Article
Landbou bly ’n strategiese sektor vir Suid-Afrika. Foto: Pexel.com

’n Landbouorganisasie verwelkom die voorgenome skuif van minister Willie Aucamp na die departement van landbou.

Landbou bly ’n strategiese sektor vir Suid-Afrika wat bydra tot voedselsekerheid, werkverskaffing, uitvoerdienste, landelike ontwikkeling en ekonomiese groei, lui ’n verklaring deur AgriSa. Die organisasie sien daarna uit om deur noue samewerking met Aucamp en die departement die mededingendheid, volhoubaarheid en inklusiwiteit van die sektor te bevorder.

Terselfdertyd het die organisasie sy waardering uitgespreek teenoor die uittredende minister van landbou, John Steenhuisen, vir sy leierskap en bydrae tot Suid-Afrika se landbou gedurende sy ampstermyn. 

John Steenhuisen het ’n belangrike rol gespeel in SA landbou, sê AgriSA. Foto: Facebook

“Minister Steenhuisen het ’n belangrike rol gespeel in die versterking van Suid-Afrika se landbou-mededingendheid deur pogings te ondersteun om tarief- en nie-tariefhindernisse aan te spreek, marktoegangsgeleenthede uit te brei en nuwe uitvoerprotokolle oop te maak wat geleenthede vir Suid-Afrikaanse produsente in internasionale markte verbeter het.”

Oor die afgelope paar jaar het die sektor ongekende uitdagings met bek-en-klouseer beleef. 

“Beduidende vordering is gemaak deur versterkte samewerking tussen die regering en die bedryf, die uitrol van die inentingsprogram, insluitend belangrike werk aan Artikels 9 en 10 van die Wet op Dieresiektes en die stigting van die bedryfkoördineringsraad, wat ‘n belangrike platform geword het vir koördinering tussen die departement en belanghebbendes in die bedryf,” sê die organisasie.

Willie Aucamp, aangewese minister van landbou en landelike ontwikkeling. Foto: Facebook

AgriSA erken verder Steenhuisen se verbintenis tot ’n samewerkende, inklusiewe regeringsbenadering. “Deur sy betrokkenheid by kollegas in energie, vervoer, polisiëring, handel en ander portefeuljes, het hy gehelp om landbouprioriteite binne die regering te verhef en ‘n meer bemagtigende omgewing vir die sektor te bevorder.”

 AgriSA-president Willem de Chavonnes Vrugt sê die organisasie waardeer die sterk werksverhoudings binne die departement van landbou en sien daarna uit om sy vennootskap met die departement voort te sit om sleuteluitdagings en geleenthede in die landbou op te los en konstruktief met Aucamp te skakel.

OFM Agri/Isabel van Tonder sm

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.