On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

TLU SA bring kundiges byeen oor eiendomsreg

───   05:00 Fri, 07 Aug 2026

TLU SA bring kundiges byeen oor eiendomsreg | News Article
Die beskerming van eiendomsreg lê aan die hart van ’n stabiele omgewing. Foto: TLU SA

Die beskerming van eiendomsreg lê aan die hart van ’n vrye, stabiele en voorspoedige samelewing.

Dit raak nie net grondeienaars nie, maar elke Suid-Afrikaner wat wil belê, produseer, werk en skep om ’n toekoms vir die volgende geslag te bou.

Wanneer eiendomsreg verswak word, raak dit eindelik elke sektor van die ekonomie. Dit beïnvloed voedselsekerheid, beleggersvertroue, ekonomiese groei en die regsekerheid waarop ’n demokratiese samelewing gebou word.

“Daarom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrikaners ingelig bly oor hierdie ontwikkelinge,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Eiendomsreg raak nie net grondeienaars nie, maar elke Suid-Afrikaner. Foto: Pexel.com

Dis veel meer as bloot grondbesit. Teen die agtergrond van voortdurende beleidsontwikkeling en wetgewende veranderinge rondom onteiening sonder vergoeding bied TLU SA op 9 September ’n eiendomsregkonferensie aan.

Die konferensie bring van Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van regte, ekonomie en grondbeleid byeen om die onderwerp vanuit verskillende perspektiewe te belig.

Die doel is om deelnemers toe te rus met feitelike inligting, wetlike insig en ’n beter begrip van die moontlike implikasies van die huidige beleidsrigting.

Van Zyl sê dit raak eindelik elke sektor van die ekonomie wanneer eiendomsreg verswak word. “Dit beïnvloed voedselsekerheid, beleggersvertroue, ekonomiese groei en die regsekerheid waarop ’n demokratiese samelewing gebou word.

“Daarom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrikaners ingelig bly oor hierdie ontwikkelinge. Eiendomsreg is die fondament waarop ondernemings, gesinne en gemeenskappe hul toekoms bou. Hierdie gesprek behoort elke burger wat omgee vir Suid-Afrika se ekonomiese en grondwetlike toekoms, te interesseer.”

Bekende sprekers sal op die eiendomsregkonferensie kennis deel. Foto: Pexel.com

Die konferensie is nie net vir landbouers bedoel nie, sê hy. Sprekers op die geleentheid sluit in: dr. Ivan Meyer, LUR vir Landbou in die Wes-Kaap, prof. Andries Raath, emeritusprofessor in regsgeleerdheid, outeur en filosoof, en dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai.

TLU SA nooi alle landbouers, sakelui, regspraktisyns, beleidsmakers, studente en belangstellendes uit om die konferensie by te woon. Registrasie kan gedoen word deur TLU SA se webtuiste te besoek.

OFM Agri sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.