On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast James
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

NWK trap ‘diep spore’ met skoolskoenprojek

───   05:00 Tue, 11 Aug 2026

NWK trap ‘diep spore’ met skoolskoenprojek | News Article
Die geskenkpak wat die leerders ontvang het. Foto: NWK

NWK se boodskap aan twee laerskole in Noordwes is: loop regop, loop sterk en hou nooit op om te droom nie.

NWK is bekend vir sy betrokkenheid en ondersteuning van gemeenskapsprojekte. In Julie vanjaar was dit weer tyd vir die jaarlikse skoolskoenprojek. Die projek lê dié maatskappy na aan die hart.

Benedict Modise, direkteur: ekonomiese ontwikkeling by NWK, het aan die leerders gesê skoene is meer as iets wat ons aan ons voete dra. 

“Dit beskerm ons, help ons om regop te loop en herinner ons daaraan dat ons waardeer en versorg word.”

'n Leerder ontvang haar skoolskoene van Benedict Modise, NWK se direkteur; van ekonomiese ontwikkeling. Foto: NWK

Die twee skole wat vanjaar voordeel getrek het uit die projek is Retsogile Primary School op Bakerville en Hakboslaagte Primary School op Coligny. Sowat 7 100 leerders het die afgelope 13 jaar by die projek gebaat.  

Die skole wat skenkings ontvang, word geïdentifiseer in samewerking met Noordwes se onderwysdepartement, asook Samuel Nkone, voormalige areabestuurder van Ditsobotla by die departement.

Die leerders het elk ‘n paar splinternuwe skoene, ‘n paar sokkies, ‘n mussie, skoenpolitoer, skoenborsel en ‘n seilsakkie ontvang. Elke skool het ook vier springtoue, vier sokker- en vier netballe ontvang. Die waarde van vanjaar se skenking beloop ongeveer R318 000.

“Mag hierdie skoene jou neem na klaskamers waar jy leer, na speelgronde waar jy lag, en na ‘n toekoms waar jy skitter. Loop regop, loop sterk, en hou nooit op om te droom nie,” het Modise in  sy boodskap gesê. 

OFM dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.