On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

SA BigBucks appels verklaar as variëteit by EU

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 26 Aug 2026

SA BigBucks appels verklaar as variëteit by EU | News Article
Die Europese Unie het die BigBucks Gala-appel is as kwalifiserende variëteit verklaar. Foto: Tru-Cape

Suid-Afrika se BigBucks Gala-appel het na agt jaar eindelik gekwalifiseer as variëteit vir Europese Unie-plantvariëteitsregte.

Sommige dinge in die lewe is die wag werd. Ná uitgebreide proewe wat op verskillende terreine en in verskeie EU-lande uitgevoer is, het die Community Plant Variety Office (CPVO) die BigBucks Gala appel as kwalifiserende variëteit verklaar. 

Die besluit is ’n belangrike prestasie vir ’n appelvariëteit wat in Suid-Afrika ontwikkel is en baan die weg vir sterker beskerming van BigBucks Gala in die Europese Unie. 

Buks Nel, wat die BigBucks appelvariëteit toevalllig ontdek het, by 'n suksesvolle oes. Foto: Tru-Cape

Die verhaal van die BigBucks Gala het op 18 Januarie 2011 begin toe Buks Nel, Tru-Cape se nuwe kultivar-kenner, ’n kenmerkende boom in ’n gevestigde Corder Gala-blok by Oak Valley Estate in Elgin ontdek het.

Die boom was ’n toevallige mutasie wat in ’n appelboord in Elgin plaasgevind het. Suid-Afrikaanse planttelersregte is kort daarna aan BigBucks Gala toegeken, waarna aanplantings van die variëteit vinnig uitgebrei het.

Teen die einde van die winter van 2025 is 2 542 284 bome in Suid-Afrika aangeplant, uitgesluit bykomende geënte bome.

Dit maak BigBucks Gala die appelvariëteit wat die vinnigste in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse appelbedryf uitgebrei het.

Om vir planttelersregte te kwalifiseer moet ’n variëteit oor eienskappe beskik wat hom van ander onderskei. BigBucks Gala het verskeie kenmerkende eienskappe. 

Die bloeisel is donkerrooi, die vrugsteel is rooi en die vruggies ontwikkel binne die eerste maand ’n rooi kleur. ’n Sentrale rooi aar is ook aan die agterkant van elke blaar sigbaar.

Die bloeisel is donkerrooi en so ook die BigBucks-vrug. Foto: Tru-Cape

Nog ‘n belangrike eienskap is die variëteit se stabiliteit. BigBucks Gala het sterk variëteitstabiliteit, met geen terugmutasies wat tot op hede aangemeld is nie. Die pad na Euopese beskerming het in 2016 begin met ’n ooreenkoms wat in België onderteken was. 

Herhaalde proewe was uitgevoer op Gala-variëteite om te bepaal watter een eindelik vir Europese plantvariëteitsregte sou kwalifiseer, en ná agt jaar is die kwalifiserende variëteit bevestig. Die besluit bied internasionale erkenning aan ’n variëteit wat merkwaardige aanvaarding onder plaaslike produsente geniet.

Die toekenning voeg nog ’n belangrike hoofstuk by die BigBucks Gala-verhaal, wat met ’n enkele ongewone boom begin het. Dié appel is trots Suid-Afrikaans en ’n appelvariëteit wat internasionale erkenning geniet.

OFM Agri sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.