On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Beplanning vir Bloemskou 2027 volstoom aan die gang

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Fri, 04 Sep 2026

Beplanning vir Bloemskou 2027 volstoom aan die gang | News Article
Bloemskou vind aanstaande jaar van 27 April tot 1 Mei plaas. Foto: Bloemskou

Beplanning vir aanstaande jaar se Bloemskou, van 22 April tot 1 Mei, is reeds volstoom aan die gang.

Die tema “Sports” beloof ’n fokus op alle aspekte van sport en balle in die uitstallings. Soos altyd kan besoekers uitsien na twee openbare vakansiedae tydens die skou,  Dinsdag 27 April (Vryheidsdag) en Saterdag 1 Mei (Werkersdag). 

Maandag 26 April sal ook ’n skole-vakansiedag wees – wat dit die ideale tyd maak vir ’n wegbreek saam met familie en vriende.

Ná die groot teleurstelling van geen beeste en kleinvee tydens vanjaar se skou nie as gevolg van bek-en-klouseer, sien genootskappe, telers en boere uit na die terugkeer aanstaande jaar.

Aanstaande jaar vind die Bloemskou vir die 144ste keer plaas met sy unieke aanbod van vermaak tot landboukampioenskappe en stalletjies, alles op groot skaal. Foto: Bloemskou

Aanstaande jaar word die Bloemskou vir die 144ste keer aangebied. Dit is die enigste skou in Suid-Afrika wat vermaak, landboukampioenskappe en kommersiële aktiwiteite op só ’n groot skaal kombineer.

Groot belangstelling heers nou al in die aanloop tot volgende jaar.

  • Die landboukampioenskappe is vol bespreek;
  • Uitstallingbesprekings is reeds oop;
  • Kosstalletjies is ten volle opgeneem, en;
  • Kategorieë soos leerprodukte, juweliersware en speelgoed is reeds vol.

Voornemende uitstallers word aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen, veral vir tegnologie-, buitelug-, huisware-, meubels-, klere- en leefstylprodukte.

Aansoeke vir die gewilde Gift Shop, waar Bloemskou namens uitstallers ware verkoop, open op 1 November.

Geleë in die hart van Suid-Afrika, dien Bloemskou as ’n ontmoetingsplek waar sakelui, boere en besoekers jaarliks bymekaarkom om sake te doen en sosiaal te verkeer. 

Die skou bied ’n  eenstopbestemming vir vermaak, kuier, koop en ontspanning – ’n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse kalender.

Vir meer inligting, besoek www.bloemskou.co.za of bel 051 448 9894.

OFM Agri  cvs

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.