On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Saai vra boere moet deeglik beplan vir komende seisoen

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 09 Sep 2026

Saai vra boere moet deeglik beplan vir komende seisoen | News Article
Boere begin voorberei vir ’n uitdagende produksieseisoen. Foto: Bloomberg

Saai sê produsente moet betyds ondersteuningsmaatreëls tref vir die komende produksieseisoen.

Boere begin voorberei vir ’n moontlike uitdagende produksieseisoen vir 2026/27 ná waarskuwings deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens oor hitte en droogtetoestande wat met El Niño verband hou.

Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê 2026 is die jaar van die perfekte storm weens ongekende oorstromings, bek-en-klouseer en hoë koste vir kunsmis en diesel. “Daar word voorspel die jaar sal eindig met ’n warm, droë somer, wat boere dwing om produksieplanne en insetbegrotings te hersien. Dit is nie ’n jaar om kanse te waag met marginale lande nie.”

Terwyl Suider-Afrika oorgaan van ’n seisoen van oorvloed, ondersteun deur reënval wat met La Niña verband hou, na ’n meer onseker seisoen wat na verwagting middel Oktober sal begin, ervaar boere onsekerheid oor die verkryging van insette en produksiebeplanning.

Boere ervaar onsekerheid oor die verkryging van insette en produksiebeplanning. Foto: Food for Mzanzi

Plantwerk mag ondersteun word deur beter grondvag, maar latere produksie sal grootliks afhang van reënval vroeg in die seisoen en ander weersomstandighede.

Die meeste produksie is van reënval afhanklik terwyl ongeveer 20% van somergrane en oliesade wat verbou word, afhanklik is van besproeiing. Besproeiingswater is toenemend die fokus van politieke inmenging, met die ANC wat aandring op die “transformasie van waterregte” en “rasgegronde toewysings” soortgelyk aan die rampspoedige grondhervormingsplan.

Deur dié plan is sowat 2,5 miljoen ha van kommersiële voedselproduksie onttrek en sonder dat daarin geslaag is om ’n klas winsgewende swart boere te skep.

Vir gesinsboere kan droogterisiko ’n invloed hê op plantbesluite, produksiekoste, die toestand van vee, kontantvloei en die beskikbaarheid van voedsel vir plaaslike markte. Boere benodig tydige, betroubare inligting oor seisoenale voorspellings, waterbronne, insetmarkte en beskikbare ondersteuningsmaatreëls.

Vir die volgende paar weke moet boere waaksaam en gereed wees vir brande, hul brandbestrydingstoerusting gereed hê en verseker dat hul werkers goed ingelig is oor brandbestrydingsstrategieë en veiligheidsprotokol.

“Die verhoogde biomassa as gevolg van die swaar reën vroeër in 2026 beteken ’n groter brandgevaar,” sê De Jager. 

OFM Agri dg 

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.