Offbeat
Weird Wide Web - Morty die Corgi se troeteldiere─── 08:13 Fri, 14 Oct 2022
'n Storie het die week opgeduik wat alle harte op die internet onmiddelik laat smelt het.
Die Mirror het onlangs gerapporteer op 'n internet sensasie van TikTok.
Daar is niks mooier as ‘n onwaarskynlike vriendskap nie. In die diereryk wil dit voorkom as of dit al hoe meer voorkom. Onlangs was daar ‘n storie in die nuus waar ‘n sjimpansee, vriende gemaak het met ‘n tier. By gesê, dit is net ‘n klein welpie, maar nogsteeds.
Nou is daar ‘n corgi in Amerika wat maatjies gemaak het met die Koi visse wat in ‘n dammetjie in die agterplaas woon. Morty is die Corgi se naam en hy het ‘n sussie met die naam Maple. Maple hou baie daarvan om die Koi visse bang te blaf maar Morty het ‘n spesiale vriendskap waar hy hulle oppas, nes ons as mense, na ons eie troeteldiere sal omsien.

Onlangs het Morty se eienaar besluit om die dam bietjie skoon te maak, en Morty was baie onsteld. Gelukkig was alles op video vasgevang en het die internet gemeenskap reggop gesit. 8.8 miljoen kyke later moes Morty en Maple se eienaar ook ‘n opvolg video plaas op TikTok, omdat Morty so onsteld was. Morty wou weet waar is sy troteldiere, of te wel, maatjies. Hy het veral ‘n goeie verhouidng met ‘n spesifieke oranje Koi.
Na die dam herstel is met skoon water en die Koi visse weer lekker geswem het, het Morty buitentoe gegaan en tot sy genot was asl sy maatjies weer waar hulle hoort en hy kon voortgaan om hulle nat soene te gee.
Soveel mense het kommentaar op die storie gelewer met meeste daarvan oortuig daarvan dat die storie in kinderboeke of Disney films hoort. ‘n Treffer is gebore.
