Click on the warning image to view this post
Offbeat
Weird Wide Web - Dokters verwyder 23 kontaklense uit vrou se oog!─── 15:12 Wed, 19 Oct 2022
As jy kontaklense kry, is een van die eerste en belangrikste reëls wat hulle jou gee om dit uit te haal wanneer jy slaap. As jy dit nie doen nie sal die lense iewers onder jou ooglede beweeg en daar vassit. Hierdie vrou het glad nie gelusiter nie.
Volgens skynews, het 'n Dokter Kurtveeva, 'n bisarre video gedeel van hoe sy 23 kontaklense uit 'n pasiënt se oog verwyder.
Dr Katerina Kurteeva het die snit op Instagram geplaas van hoe sy die lense van onder 'n vrou se ooglid uithaal.
Die video was so gewild en het nou meer as 'n miljoen kyke gekry.
Volgens die oogarts se plasing het die pasiënt vir 23 dae in 'n ry 'n nuwe stel lense ingesit sonder om ooit die vorige dag s’n uit te haal.
Sy het die video op die California Eye Associates Instagram-bladsy geplaas en geskryf: "'n Seldsame geleentheid wanneer iemand saans 'vergeet' het om kontaklense te verwyder en elke oggend 'n nuwe een ingesit het. 23 dae in 'n ry!!!"
Die video wys 'n nabyskoot van die pasiënt se oog en dr Kurteeva wat die lense versigtig met 'n watteknop uitkrap.

Photo: stock
Sy het in 'n aparte Instagram-plasing uitgebrei en geskryf: "Meer as 'n miljoen kyke, bly om 'n geleentheid te hê om die publiek op te voed oor kontaklens higiëne gedrag.
“Ek het al die kontaklense versigtig geskei en altesaam 23 getel. Ek moes ’n baie fyn chirurgiese instrument, ’n juwelierstang, gebruik om die kontaklense te skei."
Lees: Weird Wide Web - 'n Dankie van Weezer!
"Hulle is in wese aanmekaar vasgeplak nadat hulle vir 'n maand onder die ooglid gesit het."
Dr Kurteeva het met Insider gepraat en bygevoeg: "In byna 20 jaar in die praktyk het ek nog nooit so iets gesien nie.
"Die pasiënt kon dit ook nie glo nie en het gevra of ek seker was oor die getal wat ek tel."
Sy het bygevoeg dat die pasiënt met oogdruppels weggestuur is en “alreeds beter voel”.
