On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: 'n Tydkapsule met 'smaak'

───   15:21 Tue, 08 Nov 2022

Weird Wide Web: 'n Tydkapsule met 'smaak' | News Article
Image: TikTok/sundaynodoby

Die TikTok-rekening Sunday Nobody se video van 'n pakkie Cheetos wat hy in 'n sarkofaag "vir toekomstige geslagte" begrawe het, maak opslae op die internet, en met goeie rede.

Die hele proses het 'n maand geneem, en 'n mens kan jou net indink hoeveel geld dit gekos het. Maar hierdie ou is beslis 'n held, siende dat hy een van ons "grootste kulturele prestasies" (die Cheeto) suksesvol vir toekomstige geslagte bewaar het.

Die TikToker en meme-kunstenaar Sunday Nobody het 'n video van sy jongste skepping gepubliseer, waarin hy beskryf hoe hy 'n 3000 pond (1500kg) betonkis gebou het om 'n pakkie Cheetos te begrawe "om deur toekomstige beskawings ontdek te word".

Dit was nie 'n eenvoudige proses waartydens hy bloot 'n paar blaaie beton aanmekaar gegom het nie. Hy het 'n vorm met melamienblaaie gebou, versterkingstawe (rebar) gebuig en gesweis om die betonvorm te versterk. 

Dit het 'n maand en 'n half geneem vir die beton om behoorlik te kuur en daarna het hy die hele gedoente swart gekleur. Die tyd, sweet en energie wat hy in dié projek ingesit het, is heel indrukwekkend.

Die deksel van die sarkofaag bevat die bestanddelelys van die (enkele) pakkie Cheetos, heel kunstig met 'n lasersnyer uitgesny en met goue bladgoud versier. 

Lees meer oor hierdie storie en kyk na die video deur hier te kliek.


Podcasts

Weird Wide Web - 'n Tydkapsule met 'n "smaak".:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.