On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Hierdie week se Cool Kid is Stiaan Scheepers, 'n 13-jarige wiskunde-genie!

───   15:44 Thu, 10 Nov 2022

Hierdie week se Cool Kid is Stiaan Scheepers, 'n 13-jarige wiskunde-genie! | News Article
Stiaan Scheepers the math genius! Image: Supplied

Hierdie week se Cool Kid is Stiaan Scheepers, 'n 13-jarige wiskunde-genie!

Stiaan, vertel ons bietjie meer oor homself.

Hi, ek is Stiaan Scheepers, ek is 13 jaar oud en ek doen Japannese soroban-wiskunde by A+ Studente - daar is 'n A+Studente in Bloemfontein! - vandat ek 3 jaar oud is. 


Ek neem al sedert 2017 aan die JMCWC (Junior Mental Calculation World Championship) deel en het 'n 10de plek, 2de plek - twee keer, 7de plek (almal in ouderdomskategorie onder 11 jaar oud) en 3de plek in ouderdomskategorie 12 – 14 behaal (daar was geen kompetisie in 2021).

Die Duitsland-vraestel is 2 uur lank en ongeveer 30 bladsye, waarvan 23 'n maand voor die kompetisie in 'n oefeneksamen verskaf word, en dus is die ander 7 vraestelle verrassingstake (die oefenvraestel verskil van die eksamen wat op die dag van die kompetisie geskryf word).

Ook, alle bewerkings moet in jou kop uitgewerk word, deelnemers word nie toegelaat om bewerkings neer te skryf nie. Ons word toegelaat om 'n verkeerde antwoord een keer reg te maak.
 
My spesiale talente sluit skaak en die oplossing van verskillende Rubik-kubusse in.



Podcasts

Hierdie week se Cool Kids is Stiaan Scheepers, 'n 13-jarige wiskunde-genie!:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.