Offbeat
Realiteitsverplasing, 'n nuwe TikTok-tendens─── 15:23 Fri, 11 Nov 2022

Wou jy al ooit na 'n alternatiewe werklikheid ontsnap? Die nuutste tendens op TikTok stel jou klaarblyklik in staat om jou huidige werklikheid te ontsnap - hier is alles wat jy moet weet oor "verplasing".
Volgens die dailystar, is die nuutste tendens op TikTok is "shifting", 'n manier (of maniere) om jouself binne 'n ander werklikheid te plaas.
Insetsels oor reality shifting of "shifting" is reeds meer as 6,2 miljard keer op TikTok gekyk, met die hutsmerk "shifting realities" wat al verby 1,8 miljard trek.
Die neiging het op TikTok ontstaan, maar het sedertdien vlam gevat op ander sosiale media-platforms, insluitend YouTube, met 'n YouTuber genaamd Kristeau wat baie aandag trek met haar video oor hoe om realiteite te verander.
Verplasing behels 'n meditasiemetode, soortgelyk aan dagdroom, en is gebaseer op die aanname dat veelvuldige of oneindige realiteite bestaan.
Realiteitsverplasing - om jou bewustheid van een werklikheid na 'n ander te verplaas - kan deur verskillende metodes behaal word. Vir baie is dit bloot 'n ontsnappingsmetode na hul gunsteling-fiktiewe wêreld, met Hogwarts en die Marvel Comic Universe bo-aan die gewildheidsleer.
Een metode, die sogenaamde Raven-metode, vereis dat jy in 'n seesterposisie lê en terug van 100 af tel terwyl jy jou die werklikheid indink waarna jy wil beweeg.
'n Tweede metode, genaamd "Alice In Wonderland", behels die visualisering van jouself wat agter 'n persoon na 'n verlangde werklikheid aanhardloop en dan in 'n konyngat spring.
Om meer te lees oor ander metodes en om meer begrip te kry oor wat realiteitsverplasing is, kliek hier.
Realiteitsverandering, 'n nuwe TikTok-tendens.: