Offbeat
Weird Wide Web: Man afgedank omdat hy 'te vervelig was'─── 15:12 Wed, 07 Dec 2022
'n Fransman wat by die werk afgedank is omdat hy te vervelig was, het 'n hofsaak teen sy werkgewer gewen.
'n Fransman, bekend as mnr. T, het sy werk verloor omdat hy nie aan sosiale aktiwiteite wat sy werkgewer georganiseer het, wou deelneem nie.
In 'n artikel wat ons op engoo.com gevind het, het mnr. T volgens hofstukke in 2011 by 'n maatskappy genaamd Cubik Partners in Parys begin werk, en is hy in Februarie 2014 bevorder. Maar net meer as ’n jaar later is hy afgedank omdat hy nie ná werk saam wou drankies drink en aan ander sosiale aktiwiteite wou deelneem nie.
Cubik Partners het in die hof aangevoer dat spanbou-aktiwiteite deel is van die maatskappy se "prettige" waardes. Die maatskappy het ook gesê dat mnr. T moeilik was om mee saam te werk, soms onvriendelik teenoor sy kollegas en 'n slegte luisteraar was.

Maar meer as sewe jaar later het die hof bepaal dat die redes waarom Cubik Partners mnr. T afgedank het, onregverdig was omdat sy vryheid van uitdrukking en reg op 'n privaat lewe daardeur geskend is.
Die hof het in November 2022 Cubik Partners beveel om mnr. T sowat $3100 (sowat R53 000) as skadevergoeding te betaal. Mnr. T het egter vir byna $480 000 (meer as R8 miljoen)gevra, waaroor die hof nog moet besluit.
Hy het ook gevra om weer sy ou werk terug te kry. Lees meer hier.
