Offbeat
Weird Wide Web: Dié Duitse"koninkryk" het vlag, 5000 onderdane─── 15:33 Mon, 12 Dec 2022
Peter die Eerste, wat in 'n vorige lewe as Peter Fitzek bekend gestaan het, is die monarg van ’n stuk gebied op die Duitse platteland wat hy onteien het en "Königreich Deutschland" noem – met 5000 onderdane, sy eie geld, vlag en ID-kaarte.
Volgens mirror.co.uk, is die selfaangestelde monarg sowat 10 jaar gelede in sy selfopgelegde koninklike pos tydens ‘n kroningsplegtigheid ingesweer.
Koning Peter is een van 21 000 Duitsers wat intelligensie-agentskappe 'n "Reichsbürger" noem, 'n term vir verskillende groepe inwoners wat wil hê dat Duitsland na sy vooroorlogse feodale stelsel moet terugkeer.
ALSO READ: Weird Wide Web: Dolly Parton se geheime liedjie
Hulle wil nie Duitsland se moderne regering in Berlyn aanvaar nie en weier glo om by sy wette te hou.
Die beweging het onlangs internasionale aandag getrek toe die Duitse polisiemag met 3000 beamptes opgedaag het om 25 mense in hegtenis te neem.

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was 'n aristokratiese leier, Heinrich XIII, 'n direkte afstammeling van Duitsland se vooroorlogse heersers wat deel was van 'n gewapende komplot om beheer oor die Bundestag (Parlementsgebou) in die hoofstad oor te neem.
Koning Peter het aan die BBC gesê sy koninkryk se weerstand is nie gewelddadig is nie, maar dat hy die “fascistiese en sataniese” Duitse staat betreur.
“Ek het geen belang daarin om deel te wees van hierdie fascistiese en sataniese stelsel nie,” het hy aan die BBC verklaar.
Koning Peter – wat sy eie TV-program van stapel wil stuur om meer onderdane te bereik – beweer hy het geen ander keuse gehad as om sy eie ryk te begin nadat hy misluk het om as burgemeester en as parlementslid verkies te word nie.
Hy het reeds by verskeie geleenthede met die wet oortree - hy het al 'n rits bestuursoortredings begaan en is selfs tronk toe omdat hy sy burgers se geld verduister het - 'n klag wat later tersyde gestel is. Lees meer hier.
