Offbeat
Weird Wide Web: Wêreld se oudste jean uit skeepswrak opgediep─── 15:19 Tue, 13 Dec 2022
'n Broek wat uit 'n tas kom wat saam met 'n skip in 1857 aan die kus van Noord-Carolina gesink het, is onlangs vir $114 000 (R2 miljoen) verkoop.
Volgens apnews, is die mynwerkersbroek met 'n vyfknoopgulp onder 270 artefakte uit die Gold Rush-era wat verlede naweek vir byna $1miljoen in Reno van die hand gesit.
Daar is wel onenigheid oor egtheid van die broek en of dit bande het met die vader van hedendaagse blou denimbroeke, Levi Strauss, aangesien die skip gesink het 16 jaar vóór die eerste paar jeans in 1873 deur sy San Francisco-gebaseerde Levi Strauss & Co. vervaardig is.
Sommige sê daar is historiese bewyse wat daarop dui dat die "skeepsbroek" wel 'n skakel het met Strauss, wat destyds 'n welaf groothandelaar van droë goedere was. Die broek kan moontlik 'n baie vroeë weergawe van ikoniese jeans wees.
Maar die maatskappy se historikus en argiefdirekteur, Tracey Panek, sê enige aansprake oor hul oorsprong is "spekulasie".
"Die broek is nie Levi's nie en ek glo ook nie dat dit 'n myner se werkbroek is nie," het sy in 'n e-pos aan The Associated Press geskryf.
Ongeag hul oorsprong, daar is geen ontkenning dat die broek gemaak is voordat die SS Central America op 12 September 1857 tydens 'n orkaan gesink het, volgelaai met passasiers wat hul reis in San Francisco begin het en op pad was na New York via Panama.
Daar is geen aanduiding dat ouer werkbroeke wat uit die Gold Rush-era dateer, bestaan nie.
"Daardie mynwerker se jeans is soos die eerste vlag op die maan, 'n oomblik in die geskiedenis," sê Dwight Manley, besturende vennoot van die California Gold Marketing Group, wat die artefakte besit en dit opveil. .
LEES OOK: Weird Wide Web: Dié Duitse"koninkryk" het vlag, 5000 onderdane
Ander items wat vir meer as 'n eeu in die skeepswrak 2195m onder die oppervlak van die Atlantiese Oseaan begrawe was, is die sleutels van die skatkamer waar onder meer tonne Gold Rush-munte gestoor is. Dit is vir $103 200 verkoop.
Lees meer hier.
