Offbeat
Weird Wide Web: Gemengde reaksie oor pa se Kersfees-advies─── 15:16 Tue, 20 Dec 2022
Een pa op TikTok se metode om sy kinders hulself voor Kersdag te laat gedra, het mense verdeeld gelaat - met sommige kykers wat die voorstel "wreed" noem.
Kersfees is 'n tyd wanneer gesinne bymekaar kom en spanning dikwels hoog kan loop. Voeg daarby die vooruitsig van Kersgeskenke en opgewonde kinders, en die kans dat iemand hom gaan wangedra raak al hoe groter.
Ene Benny op TikTok sê hy het 'n manier om sy kinders op hul tone te hou: "Draai 'n paar leë bokse in geskenkpapier toe. Dan gooi jy een op die vuur as die kinders hulle wangedra.”
Hoewel hy dit grappenderwys (ons hoop so!) bedoel het, het dit taamlike kontroversie op TikTok veroorsaak en mense verdeeld gelaat.

Terwyl sommiges reken dit is 'n plan, het ander dit wreed en traumaties genoem.
"As jy dit moet doen om jou kinders sover te kry om hulle te gedra, dan is die probleem nie die kinders nie."
As jy wel van plan is om dit te doen (waarteen ons sal raai), maak seker jy weet watter bokse regte geskenke bevat - dit is beter om nie per ongeluk 'n regte geskenk te verbrand nie. Lees meer hier.
