Offbeat
Weird Wide Web: Die wêreld se stilste kamer─── 15:18 Thu, 12 Jan 2023

In 'n poging om die wêreldrekord te breek, het hierdie YouTuber meer as 'n uur in die wêreld se stilste kamer deurgebring. Al wat hy na sy ervaring kon sê, is dat dit vreemd was.
Volgens Unilad, South Bank-Universiteit in Brittanje se 'an-echoic chamber' is só ontwerp dat dit refleksies van óf klank óf elektromagnetiese golwe keer. Klank word dus in negatiewe desibel gemeet.
Besoekers word aangeraai om nie langer as 45 minute binne te bly nie, anders kan hulle begin om hul verstand te verloor.
Die kamer se ontwerper, Steven Orfield, sê: “Ons daag mense uit om in die donker in die kamer te sit.
"Wanneer dit stil is, pas jou ore aan. Hoe stiller die kamer, hoe meer dinge hoor jy.
"Jy hoor jou hart klop, soms kan jy jou longe hoor, jou maag se gegorrel. In dié klankdigte kamer word jy die klank."
Die kamer (en soortgelykes elders) is gewild onder mense wat bietjie opwinding in hul lewe soek (wat beter as om in 'n superstil kamer te sit) of diegene wat hul eie beperkinge wil toets.
Een hiervan was YouTuber en musikant Callux. In 'n video beskryf hy kortliks die kamer en die reëls waaraan hy moes voldoen sodat sy poging as 'n amptelike Guinness-wêreldrekord kan tel, wat soos volg was:
1. Die deelnemer moet alleen in die kamer wees;
2. Geen slaap of floutes (!) word toegelaat nie;
3. Die deelnemer moet deurgaans gemonitor word en te alle tye onder toesig wees;
4. Klank moet onder 25DBa bly;
5. Die deelnemer word toegelaat om elke vyf minute vir tot 'n minuut lank te praat;
6. Die deelnemer word toegelaat om enige tyd te onttrek;
7. Opsioneel: Die uitdaging moet in die donker voltooi word.
Na 'n kort toer deur die fasiliteite en nadat die risiko'aan hom verduidelik is, is Callux binne-in die kamer verseël ... maar dit het nie lank geneem voordat dinge begin uitrafel het nie.
Binne vyf minute in isolasie het hy gemeld dat hy intense tinnitus in albei ore ervaar en gedisoriënteerd voel.
Lees meer hier.