On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Samaritaan help 82-jarige om af te tree

───   15:15 Fri, 13 Jan 2023

Weird Wide Web: Samaritaan help 82-jarige om af te tree | News Article
Die 82-jarige Warren Marion by Rory McCarty, die barmhartige samaritaan wat hom help aftree het.

'n Barmhartige samaritaan, Rory McCarty, het sy volgelinge op sosiale medie gevra om te help sodat die 82-jarige Warren Marion uiteindelik kon aftree. Hulle het nie teleurgestel nie.

McCarty sê hy was geskok toe hy uitvind dat Marion, 'n veteraan van die Amerikaanse vloot en 'n wewenaar, op sy bejaarde ouderdom nog steeds skofte van tussen agt en nege ure by 'n Walmart-winkel werk. 

Hy het op daardie oomblik besef hy kan sy sosiale media-invloed vir 'n goeie doel aanwend, en het $108 000 binne 'n paar dae ingesamel. 

Marion het verlede week vir die laaste keer Walmart in Cumberland, Maryland, ingestap nadat hy sy twee weke-kennistydperk gewerk het. Hy is met 'n toejuiging, ballonne en 'n groot tjek van $108 000 begroet.

McCarty, wat 'n plaagbeheer-onderneming genaamd Bug Boys het, het oor 'n typerk daarin geslaag om 'n TikTok-aanhang van 300 000 volgelinge op te bou deur video's van die goggas wat hy vind, te wys. 

“As 'n sake-eienaar was ek verstom toe ek sien hoe hierdie bejaarde man nog werk. Agt tot nege-uur skofte,” het McCarty op dieGoFundMe-bladsy gesê wat hy op 19 Desember opgestel het om Marion se aftrede te help finansier. 

Lees ook: Weird Wide Web: Die wêreld se stilste kamer

“Ek wou hierdie vlootveteraan help om die res van sy jare te reis om sy kinders in Florida te sien. En om die dingte te doen wat hy graag sou wou doen maar wat hy om finansiële redes dalk nie kon doen nie.”

'n Video wat hy van hulle albei in Desember geplaas het, is meer as drie miljoen keer gekyk. Die GoFundMe-bladsy het sy teiken binne 'n paar dae bereik. Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.