On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Roep jou man en wen ‘n prys

───   15:20 Mon, 16 Jan 2023

Weird Wide Web: Roep jou man en wen ‘n prys | News Article
Dawn Mennear het in 2022 Iowa se Husband Calling-kompetisie gewen. PHOTO: Ladbible

Hier is 'n kompetisie waaroor ons nooit gedink het ons sou verslag doen nie: Vroue wat meeding vir die mees indrukwekkende manier om hul mans te roep.

Die Amerikaanse staat Iowa het 'n jaarlikse kompetisie waar vroue aan die sogenaamde Husband Calling-kompetisie. Dit is 'n geskree en 'n gebrul van 'n ander aard. 

Net om die kompetisie te wen is vir die wenners 'n eer, want hulle doen dit beslis nie vir die prysgeld nie - 'n skamele $5, en 'n wennerslint.

Die Husband Calling-kompetisie is 'n jaarlikse tradisie by die Iowa-kermis. In die hoop om die gesogte eerste plek te kry, gebruik vroue baie verskillende roepmetodes. 

'n Onlangse wenner het met "Bob! Bob! Bob! Bob!" begin, voordat sy met 'n "Robert Dean, maak gou!" die eerste plek verower het. 

'n Ander wenner se taktiek was 'n eenvoudige, dog doeltreffende, oorverdowende gil. 

Die 65-jarige Rose Beauregard is een jaar gekroon as die kampioen-eggenootroeper - 'n titel waarna sy al jare lank gesmag het. 

Rose het ná haar oorwinning gesê sy neem al sedert 2003 aan die kompetisie deel in die hoop om eendag die trofee - uhm, $5 - huis toe te neem.  Met 15 jaar ondervinding het Rose 'n paar wenke gehad vir enige ander aspirant-deelnemer. 

Lees ook: Weird Wide Web: Samaritaan help 82-jarige om af te tree

"Dit help as jou man twee lettergrepe in sy naam, het, soos my man, Clifford. Tweedens, maak seker jy kry baie oefening voor die groot dag. Ek oefen wel op my man, maar ek oefen meer op my kleinseun en my kampklub,” het sy gesê. 

Noudat sy die kompetisie gewen het, is Rose nou klaar om haar man te roep - ten minste mededingend.

“Ek wou net eenkeer wen,” het sy gesê. "Hoe ouer ek word, hoe moeiliker is dit om so diep asem te haal." 

Verlede jaar het die 58-jarige Dawn Mennear die eerste plek behaal het – al het sy nie 'n man nie. Sy het die kompetisie ingespan om vir 'n man te vra: “Ek roep alle enkellopende mans tussen 40 en 60, ek soek ’n man,” het sy as deel van haar inskrywing geskree.

"Ek is enkellopend, ek werk voltyds, besit my eie huis, ek is eensaam. So, iemand antwoord hierdie oproep persoonlik. Ek wil nou 'n man hê!" 

Klik hier om meer oor hierdie kompetisie te lees.




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.