On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Chris Hemsworth ontmoet sy '87-jarige' vrou

───   15:09 Tue, 17 Jan 2023

Weird Wide Web: Chris Hemsworth ontmoet sy '87-jarige' vrou | News Article
Chris Hemsworth en sy vrou, Elsa Pataky, as 'n 87-jarige vrou. FOTO: Youtube/mkedits

Chris Hemsworth se vrou, Elsa Pataky, het haar soos ‘n 87-jarige vrou vermom sodat hy kon sien hoe sy as ‘n bejaarde sal lyk, en haar in die toekoms kan onthou. Dit volg nadat hulle uitgevind het dat hy 'n hoë risiko het om Alzheimers te ontwikkel.

Die akteur Chris Hemsworth, veral bekend vir sy rol as 'Thor' in die Marvel Universe, het in November 2022 onthul dat hy 'n groter risiko het om Alzheimer se siekte weens genetiese faktore te ontwikkel. Hy het dit ontdek terwyl hy Limitless, 'n National Geographic-reeks, verfilm het. 

Hy het besluit om 'n blaaskans van toneelspel te neem om op sy gesin en gesondheid te fokus. "Die idee dat ek nie die lewe wat ek ervaar het of my vrou, my kinders sal kan onthou nie, dit is seker my grootste vrees," sê hy in 'n episode van die reeks. 

Elsa het besluit om iets besonders en opreg vir die akteur te doen om sy kommernis oor oudword te konfronteer. 'n Kort videogreep uit die dokumentêre reeks maak opslae op sosiale media.

Lees ook: Weird Wide Web: Miljoenêr eet katkos 'om geld te spaar'

Elsa het haar soos 'n 87-jarige weergawe van haarself verander, met behulp van professionele grimering, prostetika en 'n pruik. Die Marvel-akteur is daarna meegedeel dat hy 'n bejaarde aanhanger sou ontmoet. Sy reaksie om sy "pragtig bejaarde" vrou te sien, wen die internet se harte. Die video is deur 'n gebruiker, ene Zrnhs, op Twitter geplaas. Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.