On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Goeie ouens eindig altyd laaste!

───   15:39 Wed, 18 Jan 2023

Weird Wide Web: Goeie ouens eindig altyd laaste! | News Article
Josiah Vargas het $5000 kontant in 'n McDonald's-sak gekry, pleks van die McMuffin wat hy bestel het.

Ons ken almal die gesegde, "lekker ouens eindig laaste" reg? Wel in hierdie geval blyk dit dat die gesegde nie net in flieks waar is nie, maar ook in die werklike lewe.

Volgens ebaumsworld het Josiah Vargas 'n sak met sowat $5000 kontant, pleks van die McMuffin wat hy bestel het, by 'n McDonald's-deurry ontvang.

'n TikTok-video wys hoe hy in die parkeerterrein sit en die etiese gevolge daarvan om 'n groot som geld (pleks van 'n McMuffin) te ontvang, bepeins.

"Weet julle hoe graag ek hierdie geld wil hê? Hoekom my in hierdie situasie plaas?"

Gekonfronteer met 'n eksistensiële krisis besluit Josiah tog om die regte ding te doen en die sak geld terug te besorg. 

"Ek moet dit seker teruggee, want ek is 'n goeie mens ... dink ek."

Die video wys verder hoe verligte werknemers van McDonald's hom omhels toe hy met die sak geld by die kitskos-restaurant instap en vra "Doen julle dalk geldwassery hier?"

Lees ook: Weird Wide Web: Die wêreld se stilste kamer

 Vir Josiah se eerlikheid is hy met $200 beloon, gratis McDonald's vir 'n maand, en 'n skoon gemoed. 

'n Daaropvolgende TikTok onthul wel dat 'n ander McDonald's-skof onbewus was van die belofte, en hom gedwing het om vir sy bestelling te betaal. Lees meer hier.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.