On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Sesjarige bestel kos van R17 600 met selfoon

───   15:18 Tue, 07 Feb 2023

Weird Wide Web: Sesjarige bestel kos van R17 600 met selfoon | News Article
Die sesjarige Mason Stonehouse het sy pa se selfoon gebruik om $1 000 se kos te laat aflewer.

‘n Sesjarige seuntjie van Michigan in die VSA wat sy pa se selfoon geleen het om ‘n speletjie te speel, het op 'n app gekliek en $1 000 (R17 600) se kos by verskillende restaurante bestel.

Keith Stonehouse sê hy het eers besef wat aangaan toe die aflewerings by hul huis begin opstapel het. Hy en die jonge Stonehouse, Mason, was by die huis terwyl sy vrou, Kristin, gaan fliek het.

Die app, Grubhouse, het glo na die gesin uitgereik en hulle 'n geskenkbewys van $1 000 aangebied. Die maatskappy oorweeg dit ook om die gesin in 'n promosieveldtog te gebruik.

Mason het onder meer jumbo-garnale, slaaie, shawarma- en hoenderpita-toebroodjies bestel, asook brandrissie-kaasskyfies en ander kos, wat die een Grubhub-afleweraar na die ander by hul huis aangebring het.

Sy pa sê hy sukkel nog om die humor in die situasie te sien, ‘maar kan 'n bietjie saam met ander mense lag. Dit is baie geld en dit het van nêrens gekom.” Mason het kos van soveel verskillende plekke bestel dat die bank vir hom 'n bedrogwaarskuwing gestuur het om 'n bestelling van $439 van Happy's Pizza af te keur.

Keith sê hy het eers ná ‘n paar aflewerings besef wat aangaan. Teen daardie tyd was daar niks wat hy kon doen om dit te keer nie. 

Ma Kristin sê Mason kan al lees vandat hy twee-en-‘n-half jaar oud is. "Hy is baie slim," sê sy. "Hy is nie jou gemiddelde sesjarige nie."

 

Keith sê die meeste van die kos is in die gesin se yskas gebêre. Hulle het ook ‘n paar bure genooi om saam te kom eet.

Hy het intussen sy foon se wagwoord verander.  “Ek weet dit kan gebeur, maar jy dink nie daaraan dat jou kind so iets kan aanvang nie. Hy is beslis slim genoeg, ek het dit net nie verwag nie.” Lees meer hier. 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.