On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man krap kop oor mieliestronke onder huis

───   15:23 Thu, 16 Feb 2023

Weird Wide Web – Man krap kop oor mieliestronke onder huis | News Article
PHOTO: freedesignfile.com

'n Man was verbaas toe hy 150 mieliestronke onder die vloerplanke van sy 300 jaar-oue huis ontdek het.

Hy verduidelik op Reddit hoe hy herstelwerk aan sy huis, wat uit die 1700’s dateer, gedoen het toe hy besluit het om onder die vloerplanke te kyk om te sien in watter toestand die hout is. 

Die laaste ding wat hy verwag het om daar te sien, was mieliestronke. Hy het die Reddit-lesers gevra wat hy daarmee moet maak.

Hy reken 'n vorige huiseienaar moes die mielies daar gesit het as 'n vorm van "isolasie" - maar bevraagteken ook waarom juis mielies daarvoor gekies is.  Hy is wel dankbaar dat die mielies nie enige muwwe reuk nagelaat het nie.

Reddit-lesers het ook geraai oor die oorsprong van die mieliestronke. ”Jou huis is op 'n antieke mieliebegraafplaas gebou en jy loop die gevaar dat hoenderspoke dit kom opeis. Dis reg – poultrygeists," het een gewaarsku.

LEES OOK: Conspiracy Corner - Fighter jet shoots down UFO

"Bel jou plaaslike universiteit, daardie is dalk uitgestorwe mielies," het nog een voorgestel.

Nog een het vertel van die hoop neute wat hy in sy huis gevind het - vermoedelik was dit die stoorplek van ‘n eekhoring.

Dit kom nadat 'n vrou 'n “heiligdom”, opgedra aan die akteur Nicolas Cage, in haar huis se plafon ontdek het, kompleet met kerse, foto’s, koppies, aandenkings van sy rolprente – en ‘n bidmatjie. 

Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.