Offbeat
Weird Wide Web: Dié trui blok sagteware wat jou gesig herken─── 15:15 Tue, 21 Feb 2023
‘n Italiaanse mode-ontwerper, Cap_able, het 'n versameling gebreide klere ontwerp wat die draer se biometriese data beskerm sonder dat dit nodig is om hul gesig te bedek.
Volgens Unilad neem dit mode en tegnologie na 'n hele nuwe vlak. Die klere het verskeie patrone, wat deur kunsmatige intelligensie ontwikkel is, om die draer se gesigsidentiteit te beskerm en hulle eerder as diere te identifiseer.
Cap_able het die patrone - wat gesigsherkenningsagteware mislei - geneem en klere daarmee ontwerp.
Die klere is daarop gemik om groter bewustheid te skep van die reg om verbruikers se biometriese data te beskerm.

Al meer mense is gekant teen die algoritme-gebaseerde tegnologie weens kommer dat die sagteware nie gepas of op 'n gereguleerde manier gebruik word nie.
LEES OOK: Weird Wide Web – Baas betaal werker in 'eie munt terug'
Cap_able is die breinkind van Rachele Didero, wat aan die Mode-instituut vir Tegnologie in New York studeer het, en Federica Busani. Lees meer hier.
Hierdie trui is nie die enigste kledingstuk wat jou vir gesigsherkenning onherkenbaar maak nie. Volgens die onderstaande video doen hierdie lelike hemp dieselfde.
