On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Man eet tjip van R2,2 miljoen

───   15:18 Wed, 22 Feb 2023

Weird Wide Web – Man eet tjip van R2,2 miljoen | News Article
Man eet tjip van R2,2 miljoen. FOTO: YouTube/catersvideo

‘n TikToker wat daagliks video’s maak van al die kos wat hy eet, is met ‘n hol kol op sy maag en ‘n hol kol in sy bankrekening gelaat nadat hy ‘n aartappelskyfie geëet het wat volgens die verpakking £100 000 (sowat R2,2 miljoen) werd was.

Die Walliese TikToker Corys World het, tot sy skok, besef wat hy aangevang het nadat hy sy video nagegaan het en gesien het hoe hy ‘n hartvormige aartappelskyfie in sy mond steek. 

Die skyfie was deel van ‘n Valentynsdagkompetisie wat Walkers (bekend as Lay’s in die res van die wêreld) gehou het.

As jou pakkie skyfies ‘n hartvormige een bevat het, kon dit jou ‘n stewige £100 000 in die sak bring – dink het hoeveel skyfies jy daarmee kon koop! Soos die meeste van ons, het Cory egter nie die fynskrif op die verpakking gelees nie en net voortgegaan om een tjippie na die ander in sy mond te stop – terwyl hy homself verfilm het.

Toe hy later die video nagegaan het, het hy tot sy ontnugtering gesien hoe die prys-tjippie in sy mond (en £100 000 soos mis voor die son) verdwyn ...

LEES OOK: Weird Wide Web – Man krap kop oor mieliestronke onder huis

Ondanks beeldmateriaal wat bewys dat hy die hartjie-skyfie in sy hand en in die mond gehad het, weier Walkers om hom daarvoor te beloon. Die skyfie moet teenwoordig wees, sê die maatskappy.

Selfs die strepieskode op die sak kon hom nie help nie. Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.