On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Studie wys giftige gene is in ons bloed

───   15:52 Thu, 23 Feb 2023

Weird Wide Web – Studie wys giftige gene is in ons bloed | News Article

Ons gewone sterflinge mag dalk geneties die vermoë besit om gif te spoeg. Ja, soos ‘n kobra! En ook net as dit ooit nodig word om onsself met ons monde te verdedig en om aandete te vang - en ons 'n paar eeue se evolusie agter die rug het.

Wetenskaplikes van die Okinawa-instituut vir wetenskap en tegnologie en die Australiese Nasionale Universiteit het onlangs 'n studie gedoen om uit te vind hoe gifkliere in diere ontwikkel het.

Ontelbare wesens wat oor verskeie spesies strek, produseer mondelinge gif, insluitend slange, spinnekoppe en selfs spitsmuise. Maar terwyl die meeste soogdiere - insluitend mense - nie giftig is nie, het die studie bevind dat enige dier met speekselkliere die potensiaal het om giftig te word.

Die span het hierdie ontdekking gemaak deur gifproduserende weefsel in ‘n hoogs giftige slang,  die Taiwan-habu-adder, te bestudeer en het dieselfde gene in soogdiere gevind, insluitend muise, honde en selfs mense!

“Terwyl baie slange 'n mondelinge gifstelsel gebruik om prooi te vang, is daar ook soogdiere, soos spitsmuise, wat mondelinge gifstelsels (gebaseer op speekselkliere) ontwikkel het om prooi te vang of hulself te verdedig.

"Die speekselkliere in soogdiere en gifkliere in slange deel 'n funksie wat in hul gemeenskaplike voorouer teenwoordig was. Terwyl slange mettertyd gifstelsels met ‘n verskeidenheid gifstowwe ontwikkel het, het soogdiere minder komplekse gifstelsels ontwikkel wat soos speeksel lyk," sê die studie. 

Sal mense giftig kan word?

Baie soogdiere het mettertyd aangepas om mondelinge gif te maak, insluitend platypusse, vampiervlermuise en stadige lorissies (‘n soort primaat).

Maar terwyl mense noodsaaklike proteïene produseer wat in baie giftige stelsels teenwoordig is, het evolusie nog nie genoodsaak dat ons ons eie gif spoeg nie.

Die diere wat ontwikkel het om gif te produseer, het dit gedoen om prooi te oorweldig of hulself te verdedig. Mense, aan die ander kant, het die nodige vaardighede ontwikkel om onsself te voed en te verdedig sonder om gif te vereis.

Lees meer hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.