Offbeat
Weird Wide Web: Man kry sespak – sonder sweet of dieet─── 15:13 Wed, 08 Mar 2023

‘n Britse man het seker gemaak hy is altyd reg vir die warm dae wanneer hy sy hemp wil uittrek – deur ‘n tatoe van permanente maagspiere (oftewel ‘n six-pack) te kry.
Terwyl ander mense vir die somer regmaak deur in die gim te oefen of op ‘n dieet te gaan, het dié vernuftige man besluit om eerder “slimmer en nie harder te werk” deur ‘n tatoe te kry.
Hy het duidelik gewonder hoekom enigeen homself sal onderwerp aan die harde werk van oefening en dieet, as ‘n tatoe ‘n kortpad na dieselfde gewenste voorkoms is.
Die tatoeëermerk beteken hy sal áltyd sy lyf gereed hê vir die somer. Daarby het dit hom net twee dae saam met 'n tatoeëerkunstenaar geneem om dit te bereik, veel minder as wat hy nodig gehad het as hy gim toe moes gaan.
Die kunstenaar, Dean Gunther van Manchester, sê hy het die uitdaging om 'n realistiese six-pack op iemand te tatoeëer aangegryp nadat hy ander pogings gesien het wat uiteindelik teleurstellend was.
Dean sê sy klant wou nog altyd 'n six-pack hê, maar hy is nie te gretig om gimnasium toe te gaan of te dieet nie.
“So, hy het besluit deur ’n six-pack-tatoe te kry, lyk sy lyf altyd gered vir die somer terwyl hy steeds bier en lekker kos kan geniet.
"Ek was opgewonde om hierdie tatoeëermerk te doen. Ek het al gesien hoe iemand anders dit doen, maar dit het nie realisties gelyk nie, dit was basiese swart buitelyne. Ek het besluit om dit heeltemal anders te doen.
Lees ook: Weird Wide Web – Blaas jou skulp soos trompet, wen prys
“Dit is een van die mees ongewone versoeke wat ek al ontvang het.”
Die eindproduk is ‘n tatoeëermerk wat op 'n afstand verwar kan word met 'n six-pack, en wat beslis handig te pas sal kom wanneer dit tyd is om hemde uit te trek in die somer.
Lees meer hier: