Offbeat
Weird Wide Web – Inwoners vier padwerke se derde verjaarsdag─── 15:13 Mon, 13 Mar 2023

Gefrustreerde inwoners van die Britse dorp Swindon, wat al vir drie jaar lank teen versperrings vir padwerke vaskyk, het besluit om uit protes ’n verjaarsdagpartytjie vir die onklaar padwerke te hou.
Hulle het ’n verjaardagkoek en ’n banier met “gelukkige verjaardag” daarop na die padversperrings geneem.
Die padwerke vir ‘n herontwerpte aansluiting het in Maart 2020 begin en sou voor die einde van daardie jaar voltooi wees.
Covid-19 het die blaam vir die projek se gesloer en herhaalde vertragings gekry.
Die pad is wel 15 maande later vir verkeer oopgestel maar die versperrings en kegels het gebly, waarna ‘n groep inwoners met 'n banier en 'n koek vir 'n 2de verjaardagpartytjie opgedaag het – en 12 maande later vir die 3de verjaardagvieringe.
Om sout in die wonde te vryf, het die nuwe aansluiting glo tot soveel botsings gelei dat padveiligheidsbeamptes besluit het dat dit van nuuts af ontwerp moet word.
Raadslid Jim Robbins sê: "Dit gee my geen plesier om nog 'n verjaardagpartytjie te hou nie.
“Ek sou veel eerder op 'n goed ontwerpte padprojek wil fokus, maar inwoners ly steeds na jare se vertragings en verbreekte beloftes van die raad en die gevaarlike uitleg wat blykbaar tot daaglikse ongelukke lei.”
LEES OOK: Hugo, bel die polisie! Waar is oom Wynand?
‘n Raadslid dring aan dat die herontwerp tot beter verkeersvloei gelei het en sê daar word na ongelukdata gekyk om te verseker dat die oorsake ten volle verstaan word.
Leer meer hier: https://www.dailystar.co.uk/news/latest-news/fuming-locals-throw-birthday-party-29439266