On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vind só uit hoe dit voel om dood te gaan

───   15:14 Wed, 29 Mar 2023

Weird Wide Web – Vind só uit hoe dit voel om dood te gaan | News Article

Het jy al ooit gewonder wat gebeur as jy doodgaan? Nou kan jy uitvind, danksy 'n ongewone virtuele realiteit-simulasie waarmee jy 'n 'naby-dood-ervaring' in die gesig kan staar - hoewel mense wat dit ervaar het, sê dit laat hulle angsbevange.

Die kunstenaar Shaun Gladwell het 'n uitstalling by die Melbourne Now, ‘n Australiese kultuurfees, wat mense wys hoe die dood is. Die uitstalling, Passing Electrical Storms, lei mense deur ‘n gesimuleerde “lewensafname of -vermindering”, van hartstilstand tot breindood.

Deelnemers lê op ‘n bed soortgelyk aan ‘n hospitaalbed en word aan 'n hartklopmonitor gekoppel. Blykbaar kan die simulasie só ontstellend wees dat personeel byderhand is om jou 'uit te trek' as dit te ongemaklik raak.

Marcus Crook, 'n Melbourne-inwoner wat die simulasie ervaar het, sê dit veroorsaak beslis angs en paniek.

In 'n TikTok-video verduidelik hy: "Wat gebeur is, jy lê, die bed vibreer, jou hart “gaan staan”. Die dokters kom buig oor jou. Jy kan jouself in die VR-bril sien en hoe hulle jou probeer bybring – maar dit werk nie. Dan jy sweef verby hulle die ruimte in."

LEES OOK: Weird Wide Web – Toilet wat sonder water werk, sowaar!

Van ander mense wat dit uitgetoets het, het een vrou verklaar dat dit “so lekker is dat sy wil teruggaan”, terwyl een man gesê hy “het geen lig aan die einde van die tonnel ervaar nie”.

Net soos niemand regtig kan weet hoe dit is om te sterf nie, kan niemand regtig weet hoe die VR-ervaring is nie - tensy jy natuurlik in Australië is en dit persoonlik by die Melbourne Now kan uittoets. Die fees duur nog tot Augustus, so waarvoor wag jy? Die lewe is kort!

Lees meer hier

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.