Offbeat
Weird Wide Web - 'Mans met groot neuse is meer geneig om te kul'─── 15:26 Wed, 05 Apr 2023
Meer as die helfte van mans (52 persent) wat erken dat hulle hul maats verneuk het, het groter as die gemiddelde neuse, het 'n nuwe peiling aan die lig gebring.
Van hulle is 78 persent daarvan oortuig dat vroue aangetrokke is tot hul groot orgaan, maar slegs 10 persent het beweer dat die vroue met wie hulle verneuk het ook 'n groot konk besit.
Die navorsing, gedoen deur 'n peiling onder 2 000 lede van die afspraakwebwerf illicitencounters.com, het gesê dat slegs 18 persent van cheats 'n klein neus gehad het.
Woordvoerder Jessica Leoni het gesê: "Groot neuse is dalk nie die aantreklikste kenmerk nie, maar daar is iets daaraan wat 'n gevoel van manlikheid oordra."

Emily Bamford, 'n skoonheidsalon-assistent van Birmingham, het aan die koerant The Sun gesê: "Ek weet nie wat dit is nie, maar daar is iets omtrent 'n man met 'n groot neus wat baie sexy is, so miskien is dit hoekom hulle uiteindelik meer bedrieg.
"'n Paar van my kêrels het groot neuse gehad. Hulle was albei slegte ouens." Lees meer heir: Big-nosed men are more likely to cheat (femalefirst.co.uk)
