On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Ontmoet Google se nuwe kletsbot

───   15:08 Wed, 19 Apr 2023

Weird Wide Web - Ontmoet Google se nuwe kletsbot | News Article
Uitstalbeeld: www.marketing-beat.co.uk

Google Bard is Google se antwoord op ChatGPT, maar met ’n verskil. Die kletsbot wil jou lewe makliker maak, van die beplanning van 'n verjaardagpartytjie, die skryf van 'n e-pos tot om vrae oor moeilike onderwerpe te beantwoord.

Google sê van Bard se antwoorde kan onakkuraat wees. In die stadium word dit net as ’n hulpmiddel vir soektogte beskou.

Sundar Pichai, uitvoerende hoof van Alphabet, sê dat Google beplan om mettertyd kunsmatige intelligensie (KI) in Search te integreer.

Die publiek kan sedert 21 Maart 2023 aanmeld vir toegang op Google Bard, maar jy sal eers op 'n waglys geplaas word.

Google Bard gebruik die Language Model for Dialogue Applications (LaMDA) as sy model, en danksy miljarde woorde wat vooraf in die model geplaas is, kan jy heerlik met die kletsbot gesels en dalk net die regte antwoord op jou vraag kry.

Dit is in ‘n geselstrant ontwerp vir makliker interaksie met gebruikers.

Byvoorbeeld, as jy navrae doen oor nuwe ontdekkings van die James Webb-ruimteteleskoop vir jou negejarige kind se taak, sal dit deur al die inligting gaan, en dan vir jou ’n antwoord stuur. Wees egter versigtig daar kan foute insluip soos Google tot sy verleentheid in sy demonstrasie uitgevind het.

Foute kan nou wel minder wees, omdat Google sy veel groter PaLM-model in Bard geïntegreer het. Dit verbeter veral Bard se vaardighede in wiskunde en logika.

Bard spog self dat hy teks kan skep, kan vertaal, kreatiewe inhoud kan skryf, en jou vrae insiggewend kan beantwoord.

En, wanneer jy nie tevredeis met die antwoorde nie, kan jy op Google It klik, en na Searchgaan vir meer inligting. Hoewel sy funksies nog beperk is, glo Google dat dit binnekortonbeperk sal wees. Lees meer hier: What is Google Bard? Everything you need to know about ChatGPT rival | Tom's Guide (tomsguide.com)


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.