On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Navorsers glo hierdie diere het wiskunde bemeester

───   15:12 Wed, 10 May 2023

Weird Wide Web - Navorsers glo hierdie diere het wiskunde bemeester | News Article
Uitstalbeeld fredit: brgfx op Freepik

’n Span van die Barcelona-dieretuin glo dat die langnekdiere basiese statistieke uitgevind het deur die kans om hul gunsteling-happie te kry, te voorspel.

femalefirst, sê kenners het die vermoëns van vier kameelperde, twee bulle en twee koeie, getoets. Hulle het aan elkeen twee houers gewys. In die een was hul gunstelingwortels en in die ander een murgpampoentjies waarvan hulle glad nie hou nie.


Die navorsers het skelm bietjie groente uit elke houer gevat sodat die kameelperde nie kon sien wat gevat is nie.

17 uit die 20 keer het die kameelperde die wortelstokkies gekies. Die vermoë om afleidings op grond van statistieke te maak, is net voorheen bestudeer by diere met ’n groot brein soos papegaaie.

lvaro Caicoya, eerste skrywer van die navorsing en ’n PhD-student aan die Universiteit van Barcelona, sê: "Die resultate van die navorsing dui daarop dat groot relatiewe breine nie ’n noodsaaklike voorvereiste is vir die evolusie van komplekse statistiese vermoëns nie.


"Statistiese vermoëns kan belangrike fiksheidsvoordele vir individue bied wanneer afleidings gemaak word in ’n situasie van onsekerheid, en dit behoort nie ’n verrassing te wees as hierdie vermoëns wydverspreid in diere voorkom nie."

Lees meer hier: https://www.femalefirst.co.uk/bizarre/genius-giraffes-mastered-maths-1378220.html

Dit is nie die enigste diere wat wat op een of ander manier wiskunde geleer het nie. Ons het ’n video gevind wat agt jaar gelede deur BBC Earth geplaas is van 'n Jack Russel wat op een of ander manier oor ’n paar wiskundevaardighede beskik..


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.