Offbeat
Weird Wide Web - IT-werker al 15 jaar met siekteverlof─── 15:15 Tue, 23 May 2023

’n IT-werker in Brittanje wat die afgelope 15 jaar met siekteverlof was, het sy maatskappy gedagvaar omdat hy nie ’n salarisverhoging kry nie.
Volgens engoo.com ontvang die kankerlyer Ian Clifford meer as $67 000 per jaar danksy sy werkgewer IBM se gesondheidsplan. Werknemers wat weens mediese redes nie kan werk nie is dus geregtig op 75% van hul salaris tot met hul aftrede.
Clifford (50) van Brittanje sal die gedeelte van sy salaris ontvang totdat hy 65 is. Dit beteken dat hy teen dan meer as $1,8 miljoen ontvang het. Hy verwag nie om so lank te lewe nie. Hy sê om nie sy salaris oor die 15 jaar te verhoog nie, is "diskriminerend teenoor gestremdheid."
Lees ook: Weird Wide Web - Mike Williams reis terug in tyd, ontmoet sy jonger self
Clifford sê die plan hou nie tred met die inflasiekoers nie en dit is onregverdig dat ander werknemers van IBM wel inflasieverwante verhogings gekry het. Regter Paul Housego het nie met hom saamgestem nie en bevind dat slegs gestremde mense ’n salaris ingevolge die gesondheidsplan kan ontvang. Housego het bevind dit was nie diskriminasie nie.
Hy sê selfs al sou die waarde van Clifford se salaris oor 30 jaar met die helfte gedaal het, is dit steeds ’n aansienlike voordeel. Ná die regter se bevinding het Clifford met The Telegraph gepraat oor sy redes om IBM te dagvaar.
Clifford het gevra vir 'n verhoging van 2,5% van 2013 tot 2022 en dat hy nie IBM wou dagvaar nie. Hy wou net vir sy familie ’n mate van sekuriteit bied. Hy het al sy spaargeld vir die hofsaak gebruik en wil nou teen die regter se besluit appelleer.
Lees meer hier: https://engoo.com/app/daily-news/article/it-worker-on-sick-leave-for-15-years-sues-for-pay-raise/OXNx8PV_Ee2kNY-Eg28i0w