On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Kolwyntjie-dief maak eers skoon voor hy vlug

───   15:18 Tue, 30 May 2023

Weird Wide Web - Kolwyntjie-dief maak eers skoon voor hy vlug | News Article
Kolwyntjie-dief maak bakkery skoon nadat daar ingebreek is. Beeldkrediet: cbc.ca

Almal wonder wie is die onbekende man wat by ’n bakkery in Vancouver ingebreek het en net kolwyntjies steel, opruim en dan vlug.

Die Kanadese bakker Emma Irvine het aan Daily Mail gesê sy was geskok om uit te vind dat iemand toegang tot haar bakkery in Vancouver verkry het. Vreemd genoeg was die winkel daarna silwerskoon. Sy was histeries van die lag toe sy na die kringtelevisiemateriaal gekyk het.

’n Onbekende man het die glasdeur by haar Sweet Something-winkel stukkend geslaan. Hy klim dan versigtig deur en gaan sit doodluiters by die tafel en wag om bedien te word. 

Hy het dalk nie besef dit is in die middel van die nag nie. Hy vee dan die vloer, neem selfies met die maatskappyfoon en vlug dan met net ses sjokoladekolwyntjies. Gelukkig vir hom is dit met vonkelwyn gemaak.

Lees ook: Weird Wide Web - IT-werker al 15 jaar met siekteverlof

Irvine het die humor daarin gesien en almal bedank wat haar video gekyk en versprei het.
“Ons almal weet hoe moeilik dit vir klein ondernemings in die kosbedryf is. Dit was baie lekker om te sien hoe die hele gemeenskap gehelp het.


"Aanvanklik was my moed in my skoene," het Irvine later aan Insider gesê.


“Dit is moeilik vir ’n klein onderneming om te herstel ná die Covid-19-pandemie en elke nuwe uitgawe maak dit nie makliker nie.”


Sy het besluit sy kan nie te kwaad vir die man wees nie. Die mediablootstelling wat die video gekry het, is ongelooflik.

“Ek het gedink niemand behalwe my vriende sou na die video kyk nie.” sê sy.  

Lees meer hier: 

https://www.ladbible.com/news/brazen-thief-seen-robbing-bakery-before-cleaning-entire-store-on-cctv-000367-20230529


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.