Offbeat
Weird Wide Web - Darth Vader uiteindelik gevonnis─── 15:23 Wed, 31 May 2023
Die kultusskurk van die Star Wars-sage het op Erfenisdag in die appèlhof in Valparaiso, Chili in ’n skynverhoor verskyn.
Volgens euronews het die appèlhof in Valparaiso, 120 km wes van die Chileense hoofstad, Santiago, ’n skynverhoor gehou. Die verweerder was ’n sekere Anakin Skywalker, oftewel Darth Vader. Hy is seker die bekendste skurk in die rolprentgeskiedenis en waarskynlik die vader met die meeste probleme.
Ander bekende skurke sluit in The Shining se Jack Torrance, Chinatown se Noah Cross en Twin Peaks: Fire Walk With Me se Leland Palmer.
Die skurk wou hê dat sy seun by die familieonderneming moet aansluit, maar geregtigheid moet eers geskied. Die uitspraak van die skynverhoor? Vir die verminking van sy seun Luke in Star Wars Episode V: The Empire Strikes Back, is Vader deur die hof gestraf deur 30 jaar gevries in karboniet te bly en hy mag ook nie sy ligswaard gebruik nie.
In die skynverhoor is bepaal wat veronderstel is om verminking te wees en wat nie. Die fokus is dus nie op wat mnr. Vader voorheen gedoen het nie.
Nie seker wat die goeie mense van Alderaan van daardie laaste deel sou maak nie, maar hulle is almal dood.
“Met inagneming van die straf wat in die ruimtelike strafkode bepaal is, mag Vader vir 30 jaar nie nader as drie planete aan Luke kom nie.”
Lees ook: Weird Wide Web - ‘Twee miljoen water in ruil vir selfoon’
Sy regsverteenwoordiger, adv. Juan Carlos Manriquez, sê dat hy niks meer en niks minder as geregtigheid gevra het nie.
“Hy is ’n mens met regte, al is dit net gedeeltelik. Hy is amper ’n masjien, maar hy is ook ’n man en ’n pa.”
Om jou seun se hand af te sny, maak hom nou nie juis Pa van die Jaar nie, dit is hoekom die verdediging hulle beroep het op verjaring en dat dit buite die jurisdiksie van die hof in Valparaiso is, omdat sy misdade gepleeg is in ’n sterrestelsel ver, ver, ver weg.
“Die skynverhoor is gedoen om die publiek meer te leer oor die werksaamhede van die appèlhof en geregtigheid,” sê die president van die appèlhof, María del Rosario Lavín.
Op Erfenisdag (28 Mei) het instansies, museums en organisasies in Chili, insluitende die La Moneda- presidensiële paleis, hul deure gratis vir die publiek oopgemaak om hul erfenis met die publiek te deel.
Lees meer hier: https://www.euronews.com/culture/2023/05/30/darth-vader-on-trial-chilean-court-convicts-star-wars-sith-lord
