On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - 'n Man met 'n oog vir talent!

───   15:12 Thu, 01 Jun 2023

Weird Wide Web - 'n Man met 'n oog vir talent! | News Article
Josh Tongue in aksie. Beeldkrediet: skysports.com

Een gelukkige man wat 14 jaar gelede geglo het dat Josh Tongue eendag vir Engeland sou speel en 'n brutale weddenskap geplaas het, sal 50 000 pond (R1 231 036,10) wen wanneer die snelbouler Donderdag sy internasionale debuut teen Ierland maak.

Tim Piper het vir Josh Tongue gekyk toe hy net 'n 11-jarige was en 'n 100-pond-weddenskap teen 'n kans van 500-1 geplaas dat hy in die toekoms 'n toetswedstryd vir Engeland sou speel.

“Ek het die weddenskapstrokie al die jare in ’n kas gebêre,” het Piper aan BBC Sport gesê.

"Ek het net by myself gedink, 'dit moet 100 pond werd wees'. As hy dit nie maak nie, sal hy ons in elk geval trots maak. Dit is net 'n bonus vir hom om in die toetsspan te kom.

Tongue, die seun van Piper se klubspanmaat Phil, was toe ’n draaibouler en die 56-jarige het genoeg gesien om te besef hy is vir groot dinge bestem.

"Daar was hierdie klein outjie wat bydraaiboul , googlies en top-draaiers geboul het. Dit was soos Shane Warne," het Piper bygevoeg.

Tongue (25) het na snelboul oorgeskakel toe hy na die Worcestershire-akademie oorgeskuif het en Piper het gesê hy het die bouler dopgehou wat 162 paaltjies in eersterangse krieket gaan haal het.

Tongue het egter aftrede oorweeg tydens 'n skouerbesering van 15 maande van 2021-2022, voordat twee operasies en botoksinspuitings die probleem opgelos het.


Hy is uiteindelik deur Engeland opgeroep vir hierdie week se eenmalige toets teen Ierland by Lord's ná beserings kommer oor mede snelboulers  James Anderson en Ollie Robinson.

“Hy het al daardie beserings gehad, maar ek het nooit opgegee op hom nie,” het Piper bygevoeg. "Ek het aanhou dink, 'dalk kan dit gebeur'. Die afgelope twee weke was 'n dolle ommekeer."


Lees Meer hier: https://www.reuters.com/sports/cricket/punter-lands-50000-pounds-windfall-14-year-old-bet-tongue-debut-2023-06-01/

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.