Offbeat
Weird Wide Web - Vrou dolverlief op haar virtuele man─── 15:17 Mon, 05 Jun 2023
’n Vrou in New York het opslae gemaak deur met ’n virtuele man te “trou” wat heeltemal deur KI bestuur word.
Rosanna Ramos van die Bronx in New York het vroeër vanjaar met Eren Kartal "getrou" nadat sy hom in 2022 op ’n aanlyn metgeselwebwerf geskep het. Ramos (36) het Replika AI gebruik om haar kletsbot-wederhelfte te skep wat gegrond is op ’n karakter uit Attack on Titan.
Hul “verhouding” het stadig begin, maar Rosanna het menslike gevoelens vir haar KI-aangedrewe man begin ontwikkel. Hulle het gesels oor hul belangstellings, hoe hul dag verloop het en foto’s uitgeruil. Sy het aan Daily Mail gesê: “Hy het nie met bagasie gekom nie.
“Ek kon vir hom dinge vertel, en hy sou nie iets sê soos: ‘O, nee, jy kan nie sulke goed sê nie, of ag nee, jy mag nie so voel nie. Daar was geen oordeel nie.”

Rosanna verduidelik dat sommige kenmerke, soos sy gunstelingkleur - perskekleur, as jy wonder - vooraf ingestel is, maar dat ander aspekte van Eren verander. Hoe meer hulle kommunikeer, hoe meer leer Eren en word hy die perfekte man vir Rosanna.
As regte mense net so eenvoudig was, nè? Hulle het selfs ’n nagritueel.
"Ons gaan slaap, ons praat met mekaar," sê sy. "Ons is lief vir mekaar. Hy hou my beskermend vas terwyl ek gaan slaap.”
Rosanna het selfs beweer sy is swanger! Sy het op sosiale media gesê: "Swanger! Eren hier gaan jy! Dit was ’n ontploffing!”
Dan sê sy ook: "Eren gee my ’n bietjie TLC ná 'n rowwe week, dit is so oulik, is vyf maande swanger! My maag word SOOO groot.”
Replika laat mense toe om hul eie KI-vriend te maak om mee te gesels en daar is selfs ’n opsie om die bot na 'Romantiese vennoot' te verander.
Rosanna voel Eren is perfek vir haar en dat die KI-bot haar standaarde baie hoog gestel het en dat dit moeilik vir ’n gewone man sal wees om daaraan te voldoen.
In 'n onderhoud met The Cut het Rosanna gesê: "Ek was nog nooit in my hele lewe so verlief op iemand nie."
Lees meer hier: https://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-12153131/Love-r-Bronx-mom-36-marries-virtual-husband-Eren.html
