On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - 'Thor' reis om die wêreld in alles behalwe ’n vliegtuig

───   15:12 Tue, 13 Jun 2023

Weird Wide Web - 'Thor' reis om die wêreld in alles behalwe ’n vliegtuig | News Article
Torbjørn C. Pedersen het die hele wêreld gereis sonder om lugvervoer te gebruik. Uitgestalde beeld: euronews.com

Die Deense avonturier Thor Pedersen het in tien jaar elke land in die wêreld besoek sonder om een keer te vlieg.

Euronews.com berig dit het hom 3 512 dae geneem om deur elke land in die wêreld te reis sonder om te vlieg. Die Verenigde Nasies (VN) se lys toon dat daar 195 lande is, maar Thor sê hy het 203 lande besoek omdat hy betwiste gebiede ook besoek het.


In 2013 het Torbjorn C. Pedersen (44), beter bekend as Thor, ’n e-pos ontvang wat sy lewe vir altyd sou verander.


"My pa het vir my ’n artikel gestuur en ek het daarop geklik," sê die Deense avonturier.
“Ek het besef dat niemand nog na elke land in die wêreld gegaan het sonder om te vlieg nie. Dit het my belangstelling geprikkel.”

ie gewese VN-soldaat het sy tasse gepak vir die tien jaar lange avontuur van 223 072 myl. Dié epiese reis het op 23 Mei in die Maldives geëindig. Dit was egter nie altyd maanskyn en rose nie.
“Soms moes ek wag vir ’n visum en ander kere vir ’n skip.”


“Ek was een keer op ’n vragmotor in die Kongo en ons moes in die middel van die nag stop omdat daar die gevaar van bandiete was.

“Ek probeer oor die algemeen beweeg wanneer ek kan, maar dit is nie altyd so maklik nie,” het hy gesê. “Soms wag ek vir 'n visum. Soms soek ek ’n skip.”

“Ek was een keer bo-op ’n vragmotor vir twee dae in die Kongo en ons moes in die middel van die nag stop omdat daar ’n risiko van bandiete was.”

Weird Wide Web - Vrou vertel van haar ondervinding met weerlig

In Januarie 2020 het Pedersen in Hongkong aangekom op ’n vragskip van Mikronesië.  Hy het moes nog net Palau, Vanuatu, Tonga, Samoa, Tuvalu, Nieu-Seeland, Australië, Sri Lanka en die Maldives besoek.  

Die wêreld het skielik tot stilstand gekom weens die Covid-19-pandemie. In plaas daarvan om vier dae in die stad deur te bring soos hy oorspronklik beplan het, het Pedersen vir twee jaar gebly voordat hy vir 27 dae op ’n skeepsvraghouer na Australië gereis het.

“Dit het sy tol geëis, maar as jy iets in die lewe bereik moet jy aanhou al is dit nie maklik nie.”
\Hy het die geleentheid gebruik om in Hongkong staproetes saam met die Rooi Kruis aan te durf en aan sy blog, Once Upon a Saga, te werk.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.