Offbeat
Weird Wide Web - Slakkepas, maar SA vrou kry pakkie ná 13 jaar─── 15:25 Wed, 14 Jun 2023

Sanja Hanekom het op Facebook vertel dat sy uiteindelik die pakkie wat sy 13 jaar gelede verwag het van die Suid-Afrikaanse Poskantoor ontvang het.
IOL berig Hanekom van Kloof in Durban het twee kennisgewings in haar posbus ontvang om ’n pakkie by haar naaste Poskantoor te gaan afhaal.
Hanekom sê die finale kennisgewing het ook gemeld dat sy R65 moet betaal vir die pakkie. Sy en haar man was baie verbaas want hulle het nie enige pakkies verwag nie. Natuurlik was hulle dadelik baie nuuskierig.
"Op pad na die Poskantoor het ons begin raai wat dit moontlik kan wees. My man het vreemde raaiskote gemaak en ek het gehoop vir pakkies banknote."
"By die Poskantoor het ons die kennisgewings aan die vrou oorhandig en sy het teruggekom met ’n groot gehawende pakkie. Ons kon net verbaas na mekaar kyk.
"Op ons vraag wie die pakkie gestuur het, het die vrou net iets gemompel. Die oorspronklike posseël was duidelik in rooi 2010 aangedui."
Binne die pakkie was ’n teepot in ’n perfekte toestand, ’n paar tekkies, ’n stukkende beker, tee en tydskrifte oor binnehuisversiering.
Lees meer: