On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Alpakkas help met stresverligting in Tokio

───   15:12 Mon, 26 Jun 2023

Weird Wide Web - Alpakkas help met stresverligting in Tokio | News Article
Uitgestalde beeld: reuters.com

'n Paartjie in Tokio het net die oplossing vir stres. Kom streel hul twee alpakkas vir emosionele ondersteuning.

Die stilte in ’n woonbuurt in die middestad van Tokio word verbreek deur drawwers, ouers met kinders in stootwaentjies, asook twee alpakkas.


Akane en Satsuki loop rustig in die strate verby winkels, tempels, eet bietjie gras en vermaak die voetgangers wat hul paaie kruis voordat hulle teruggaan na hul tuiste, Alpaca Land.

Ná hulle wandeling word hulle geborsel en gekam. Hierna begin hul dagtaak om die besoekers te help met emosionele ondersteuning. Die besoekers betaal 1 000 jen om vir ’n halfuur tyd saam met Akane en Satsuki deur te bring.

Lees ook: What's on the menu - Peppermint Crisp-koekietoebroodjie

“Dit was so oulik toe ek my gesig op sy rug sit was die helfte van my gesig verberg in sy wol,” het Nana Ide, een van die besoekers gesê.


Die bestuurder van Alpaca Land, Shinya Ide, sê die geheim van die vyfjarige alpakkas se aantrekkingskrag is dat as jy hartseer is sal hulle jou vertroos en dit is ook goed vir jou siel om hulle te streel.

"Alpakkas is van nature baie senuagtige en skugter diere. As mense hulle nader kan hulle begin spoeg of weghardloop," sê hy.


"Hulle is goed opgelei en het van nature ’n ontspanne persoonlikheid."

Lees meer hier: https://www.reuters.com/world/asia-pacific/tokyo-residents-find-comfort-fluffy-street-strolling-alpacas-2023-06-22/

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.