Food
What's on the menu - Peppermint Crisp-koekietoebroodjie─── 17:19 Thu, 15 Jun 2023

Sjef Maradine is terug met 'n resep, perfek vir 'n winternagereg!
Bestanddele:
200g tennisbeskuitjies
200g Caramel Treat (of soortgelyke gekookte kondensmelk)
200g Goeie kwaliteit melksjokolade, gesmelt
100g Peppermint Crisp-sjokolade
Metode:
Vul 'n spuitsak met die Caramel Treat. Sny 'n klein keep aan die punt van die spuitsak.
Spuit die karamel oor die plat kant van die tennisbeskuitjie en plak dit met 'n ander tennisbeskuitjie toe. Doen dit met die res van die beskuitjies.
Doop elke toebroodjiekoekie in die gesmelte sjokolade, en maak seker dat elke kant met die sjokolade bedek is.
Plaas die sjokolade-bedekte koekies op bakpapier en strooi fyngemaakte Peppermint Crisp-sjokolade bo-oor.
Laat stol en geniet!
Hier is nog 'n resep wat jy dalk wil probeer: What's on the menu - Franse roosterbrood