Offbeat
Weird Wide Web - 'Die prinsdom van Sealand'─── 15:12 Thu, 13 Jul 2023

In 1967 is Sealand gestig as ’n soewereine prinsdom op ’n militêre vesting, 12 km van die oostelike kus van Brittanje af.
Sealand se geskiedenis word gekenmerk deur gewapende invalpogings, die afweer van ’n staatsgreep en die oorlewing van natuurrampe, terwyl hulle onafhanklik wil bly. Die nie amptelike land se nasionale leuse is E Mare Libertas (Van die see, vryheid).
Met die verklaring van onafhanklikheid het die Bates-familie die Sealandse vlag gehys en vryheid en geregtigheid belowe. Hierna het Sealand alles geskep wat jy van ’n onafhanklike land sou verwag: 'n funksionerende regering, paspoorte, permanente inwoners, grondwet, geldeenheid, seëls en hulpbronne om sy soewereiniteit te verdedig. Vandag regeer die Bates-familie die klein land as oorerflike koninklike heersers.
Lees ook: Weird Wide Web – Wie gooi so muntstukke rond in Manchester?
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Britse regering verskeie forte op eilande in die Noordsee gebou om sy kus teen Duitse aanvalle te verdedig. Sommige van hierdie forte is onwettig in internasionale waters gebou. In die vroeë 1960's het Roy Bates, 'n majoor in die Britse weermag, 'n radiostasie gestig wat geleë is op ’n verlate voormalige fort "Knock John". Die doel was om uitsaaibeperkings van destyds te omseil.
Radio Essex en ander soortgelyke stasies is deur die media as seerower-stasies beskou, maar die Britte was mal daaroor omdat dit anders as die BBC was. Ná jare se hofsake het die Britse regering die stryd gewen dat "Knock John" onder sy jurisdiksie val.
Lees ook: Mia van der Walt, Jané Rautenbach wave the SA flag at World Championships
Roy het nog ’n verlate fort, Roughs Tower, gevind wat drie myl buite Britse gebiedswaters was. Op 24 Desember 1966 het hy dit beset met die doel om sy radiostasie te herleef. Hy het regsadvies ingewin en besluit om dit eerder as ’n onafhanklike staat te laat verklaar.
Op 2 September 1967 het hy en sy vrou, Joan, en hulle twee kinders, Michael en Penelope, asook vriende en volgelinge daarheen verhuis. Roy het dit tot die prinsdom Sealand verklaar en omdat dit Joan se verjaarsdag was het sy die titel prinses Joan gekry.
Lees meer: https://sealandgov.org/en-af
* Die amptelike kleinste land in die wêreld is die Vatikaanstad.