On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - See-otter laat branderplankryers groot skrik

───   15:14 Mon, 17 Jul 2023

Weird Wide Web - See-otter laat branderplankryers groot skrik | News Article
Uitstalbeeldkrediet: youtube.com/cnn

Skattig of nie? Die see-otter in Kalifornië steel branderplanke of byt dit stukkend.

Branderplankryers is die afgelope paar maande by Santa Cruz langs die Kaliforniese kuslyn geteister. Die bekruiper het die branderplanke begin byt wat tot paniek gelei het, maar dit is ook vermaaklik omdat sy die branderplanke steel. Dit is nie ’n haai soos almal dadelik vermoed nie, maar ’n vyf jaar oue see-otter.

Amptenare van Santa Cruz het Donderdag probeer om die hardkoppige see-otter te vang wat roeiers in hul kajak ook aggressief behandel het. Video's en foto's is op sosiale media geplaas wat wys hoe sy op die branderplanke klim, dit byt en kou. Hoewel dit amusant lyk, het die see-otter ’n bedreiging geword weens haar aggressiewe gedrag.

Die see-otterwyfie het vir weke aggressief teenoor mense opgetree, sê Amerikaanse kenners van vis- en natuurlewe in 'n verklaring.  Hulle en ’n span van die Montereybaai-akwarium is besig om die dier te probeer vang om haar te hervestig.

"Branderplankryers en roeiers word gevra om nie die see-otter te nader of haar interaksies aan te moedig nie,” sê hulle.

Lees ook: What's on the menu – Onderstebo-uietert

Federale natuurlewe-amptenare sê die see-otter se gedrag is buitengewoon en sodra sy gevang is, sal veeartse van die akwarium haar ondersoek. "Aggressiewe gedrag by wyfies kan veroorsaak word deur hormone of kos wat deur mense gegee word,” sê die amptenare.

Sy is in aanhouding gebore en later in die natuur vrygelaat. Sy is in Mei 2022 met ’n kleintjie naby Santa Cruz opgemerk. See-otters is bedreigde spesies en word deur Amerikaanse wetgewing beskerm.

Lees meer: https://www.washingtonpost.com/climate-environment/2023/07/13/sea-otter-stealing-surfboards/

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.