On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Brittanje beplan bloedbanke vir katte

───   15:10 Thu, 20 Jul 2023

Weird Wide Web - Brittanje beplan bloedbanke vir katte | News Article
Die Verenigde Koninkryk open die eerste katbloedbank. Uitstalbeeldkrediet: freepik.com

Het jy geweet dat net soos mense veilige bloed kan skenk so kan diere ook? Wel, dit is waar en Brittanje kry dalk sy eerste bloedbank vir katte!

Mense skenk al jare lank bloed en oortappings het die lewe van baie mense gered. Maar wat gebeur as diere siek word? In Brittanje is daar meer as 10 000 geregistreerde hondeskenkers.

’n Portugese organisasie Banco de Sangue Animal (BSA)  vra kateienaars om hul troeteldiere aan te meld sodat daar met ’n bloedbank vir katte begin kan word.

Lees ook: Ruda Landman op The Joyride: 'Ek het van my beste werk by Carte Blanche gedoen'

BSA het reeds bloedbanke vir diere in Portugal, België en Spanje. Samantha Taylor, 'n veearts wat saam met die Britse liefdadigheidsorganisasie International Cat Care werk, het aan The Guardian gesê baie katte vrek omdat dit so moeilik is om skenkers te vind. Dit is moontlik vir katte om bloedoortappings te kry, maar die skenkerdiere moet gou geky word.


Katte het ook verskillende bloedgroepe, maar nie alle diere is geskikte skenkers nie. Die skenkerkatte moet minstens 5 kg weeg en hulle moet eers medies ondersoek word voor hulle bloed kan skenk.

Honde kan makliker bloed skenk omdat hulle daarvoor opgelei kan word. Katte is ’n heel ander storie want in Brittanje mag diere nie verdoof word om bloed te skenk nie. Die eerste suksesvolle bloedoortapping is in 1665 gedoen toe dr. Richard Lower dit met twee honde gedoen het. In 1818 is die eerste suksesvolle mens-bloedoortapping gedoen.

Lees meer: https://www.up.ac.za/news/post_3080489-ups-onderstepoort-animal-blood-bank-how-donor-animals-are-saving-other-animal-lives

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.