Offbeat
Weird Wide Web - Spookhuis hobbelperd te koop─── 15:18 Mon, 24 Jul 2023

Moenie dink jy het al alles beleef as dit by aanlyn inkopies kom nie. ’n Vrou verkoop ’n hobbelperd wat van kamer tot kamer kan beweeg.
Die eienaar van die hobbelperd wil net bekendstaan as Kelly, maar sê sy is die agterkleindogter van die bekende medium Dick Godden. Sy onthou hoe haar oumagrootjie haar vertel het dat as hulle by die huis teruggekom het was die hobbelperd in ’n ander vertrek as waar sy dit gelos het. Kelly wat in ’n spiritualistiese familie grootgeword het, is op 15-jarige ouderdom na haar eerste séance geneem. Vandag is sy ’n toegewyde Christen en ’n holistiese terapeut.
Sy hoor nou nog gereeld klapgeluide waar die hobbelperd is en voel dit is haar plig om voornemende kopers van sy “bonatuurlike” verlede in te lig. Godden het gereeld séances by sy huis gehou en ’n meisie met die naam Angela het aan hom vertel sy het daarmee gespeel.
Lees ook: Weird Wide Web - Pienk Barbie-koors tref Brasilië
“Ek het gereeld vir my oupagrootjie in Hampshire gaan kuier. Hul drieverdiepinghuis en die boonste slaapkamers het altyd onheilspellend gevoel. Die hobbelperd was op die boonste verdieping,” sê Kelly. Haar eie dogter hou glad nie daarvan om met die hobbelperd te speel nie.
Kelly het egter nog nooit beleef dat die hobbelperd ’n ander staanplek gaan soek nie. Sy het wel al baie iemand op die boonste verdieping van hul huis hoor rondloop of ’n harde geluid gehoor en as sy gaan kyk was alles presies op hul plek.
Lees ook: Conspiracy Corner - Unidentified object washes up on an Australian beach
Godden het belang gestel in paranormale aktiwiteite en het in die 1970’s verskynings van ’n seun by die Electric Cinema in Grace Hill, Folkestone, ondersoek. Die seun is dood nadat ’n waaier op hom geval het.