Offbeat
Feel Good Friday - Ou liefde roes beslis nie─── 15:44 Fri, 04 Aug 2023
Hul verhouding het in die 1950's verbrokkel toe hulle tieners was – 63 jaar later het hulle mekaar gevind en is nou baie verlief.
Caroline Reeves en Eddie Lamm se liefde het ná 63 jaar weer geblom. “Ons voel weer jonk,” sê Reeves, wat pas haar 82ste verjaardag gevier het. “Wanneer jy in jou 80s is hoef jy nie oud te word nie,” sê Reeves. "Ons hou ons gedagtes besig, is aktief, lag en terg mekaar en leef die beste lewe wat ons kan.”
In 1956 toe hulle verlief was, was Elvis die gunsteling op die jukebox en Dwight D. Eisenhower die president in die Withuis. “Toe ek haar die eerste keer gesien het, was ek verlief,” sê Lamm, wat nou 85 is. Reeves het gedink hy is die baie oulik, maar hul eerste ete saam was nie ’n deftige een nie.
Lees ook: Weird Wide Web - PETA eis dat man sy kroeg se naam verander
Sy het gehoop dat sy ’n verloofring sou kry want met die ring sou sy haar vir die res van haar lewe aan hom verbind het. Lamm wou eers iets van sy lewe maak en het aan die Universiteit van Tennessee in Knoxville gestudeer met drome om vliegtuie in die Amerikaanse lugmag te vlieg. Dit was Reeves se senior jaar op hoërskool en hy kon nie die woorde kry om haar behoorlik te groet nie, so hy het nie.
"Ons het by haar huis se oprit ingery en ek het gesê: 'Mag ek jou soen?” Min het hy geweet dit sal hul laaste soen in meer as 60 jaar wees. Reeves sê hy het nooit genoem dat hy haar weer wil uitneem of weer wil sien voor hy vertrek nie. “Ek het die motordeur oopgemaak, opgegaan met die trappe en die voordeur toegeslaan. Ek het die hele aand gehuil en dit was dit,” sê sy.
Sy is as Mej. Nashville in 1959 gekroon en later met Charles Wallace getrou en Lamm met Polly Piper. Lamm het 21 jaar lank KC-135's in die Amerikaanse lugmag gevlieg. Reeves het die wêreld vol gereis, was ’n interieurontwerper, tydskrifjoernalis en het drie romans geskryf. In Desember 2021 is Lamm se vrou en die ma van hul twee seuns oorlede.
Lees ook: What's on the menu - Mexikaanse taco's en mieliesalsa
Hulle het albei altyd gewonder hoe gaan dit met die ander een. In 2022 het Lamm besluit om haar op te spoor. Hy het nege keer probeer voordat hy haar uiteindelik in die hande kon kry. Drie dae later het hy aan Reeves gesê hy is steeds lief vir haar.

Caroline Reeves en Eddie Lamm is ná meer as 60 jaar uiteindelik bymekaar. Foto: cbsnews.com
Lees meer: https://www.cbsnews.com/news/2-teens-met-in-1950s-lost-touch-reignited-their-romance-63-years-later/
